Tydens die jare 2000 en 2001 was daar 'n elektrisiteitskrisis in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Die detail van die krisis sou bekend voorgekom het aan Suid-Afrikaners wat tans onderhewig is aan die wanbestuur van 'n getransformeerde Eksdom, waar regstellende-aksie hoofbestuurders R30 miljoen jaarliks "verdien" het, maar die land gesukkel het met kragonderbrekings. Ten spyte daarvan dat die Kaliforniese bevolking met 13% gegroei het tydens die jare negentig, is geen nuwe kragsentrales opgerig nie. 'n Rampspoedige program van deregulasie van grootmaatpryse vir elektrisiteit, gekoppel aan regulering van kleinhandelpryse en mislukte privatisering het gelei tot chaos. Die berugte beurtkrag so welbekend aan Suid-Afrikaners het die Kaliforniese verbruiker begin tref in die jaar 2000. Die Enron-maatskappy, eweneens berug vir sy sonderlinge boekhoumetodes, en andere het die situasie tot hul eie voordeel uitgebuit en buitensporige winste gemaak dmv markmanipulasie. Die Demokratiese goewerneur, Gray Davis, het te laat wakkergeskrik en nes 'n getransformeerde Ekdsombaas misluk daarin om die krisis te bestuur. In 2003 is Davis deur die Kaliforniese kiesers herroep as goewerneur en deur Arnold Schwarzenegger, "The Governator", vervang. Die Kaliforniese kieser het dus hul demokratiese mag by die stembus gebruik om hul misnoë teenoor die politici uit te druk. Davis het die prys vir sy onbeholpenheid betaal en is sy pos kwyt. Min mense sou met my verskil dat dit presies is hoe 'n demokrasie veronderstel is om te werk. Kiesers behoort die mag te hê om politici wat nie na hulle belange omsien nie, in die pad te steek. Naspers asook Rapport was tot onlangs toe een van die groot lofsangers van die Nuwe Suid-Afrika. Bykans alles wat onder die vorige bedeling plaasgevind het, is as boos en onmenslik voorgehou deur 'n verskeidenheid skrywers in Naspers se publikasies. Vir 'n hele aantal jare was Ton Vosloo en sy bende liggewigte soos Jan-Jan Joubert voor in die koor van lofsangers vir die ANC bewind. Tans is Naspers byna volledig getransformeer, nes Eksdom, met die bruin Mafia wat tans die boonste echelons van Naspers se publikasies beheer. Met die paleisrewolusie in Polokwane in Desember 2007, toe Mbeki deur die Zuma-faksie ontset is, het Rapport se lojaliteit verskuif na Helen Zille en haar DA. Die koerant het egter deurentyd sy steun vir die sogenaamde "demockracy" te kenne gegee, of dit nou as ondersteuners van die ANC of van die DA was. Nóg 'n linkse liggewig, Lisa Albrecht, het onlangs die leisels van Rapport by Tim du Plessis oorgeneem, nádat laasgenoemde na Beeld verskuif is. Siende dat die redakteur dikwels die hoofberigte in die koerant hetsy skryf, hetsy goedkeur, is dit redelik om aan te neem dat me Albrecht ook vandag s'n geskryf of goedgekeur het. Die titel van die genoemde rubriek is "Weerlose verbruiker." Dit handel oor die impak wat Eksdom se verregaande prysverhoging van 31.3% op die verbruiker gaan hê. Niemand sal daarmee stry nie, en almal weet ook wie die ergste getref gaan word daardeur. Wenk: dis beslis nie die wanbetalers in die townships of diegene wat krag steel in plakkerskampe nie. Dis die gewone verdagtes, die blanke melkkoeie in die voorstede. En dan, in 'n verstommende bekentenis, maak die skrywer van die redaksionele stuk dit duidelik dat die Mzansiese "demockracy" eenvoudig nie werk nie. Gedagtig aan goewerneur Davis se herroeping in Kalifornië, haal ek die volgende sin uit Rapport se hoofartikel aan: "Die groot tragedie vir die verbruiker is dat hy self niks aan die situasie kan doen om verbruikerspryse in toom te hou nie." Kontrasteer bostaande fatalisme met Gray Davis se ontsetting. Snaaks dat die Kaliforniese kieser wel iets aan die chaos in dié deelstaat se elektrisiteitsbedryf kon doen, maar daar het julle dit uit die perd se bek: Suid-Afrika se verbruikers is magteloos, aldus Rapport. Ons kan niks doen aan Eksdom nie. Ek stem uiteraard saam met Rapport. Veral blanke kiesers is volledig onmagtig om langs die weg van die rassesensus bekend as Mzansi se verkiesings iets aan ons eie lot te kan doen. Die stemvee wat eendragtig vir die ANC stem, gaan aanhou om so te maak, maak nie saak hoe sleg dinge gaan nie. Rapport is heeltemal reg dat Suid-Afrika se "demockracy" onwerkbaar en 'n mors van tyd is, al was dié bekentenis per abuis en waarskynlik onbedoeld implisiet in vandag se hoofberig. Die enigste vraag wat oorbly, is hoe lank dit vir Rapport sal neem om twee en twee bymekaar te tel, om te besef dat selfbeskikking vir blankes die enigste pad uit die moeras van die "demockracy" is. |
Sunday, June 28, 2009
Gray Davis, Rapport en Eksdom
Schabir ontvang behandeling by die eksklusiewe Ile Maurice-inrigting
Shaik het die meeste van sy tronkvonnis in die hospitaal deurgebring. Hy is op mediese parool vrygelaat nádat hy volgens die getransformeerde hospitaalpersoneel, wat kennelik sou sukkel om die verskil tussen griep en sifilis te kan eien, "op sy laaste bene was."
Die pasiënt Shaik se besoek aan Ile Maurice het saamgeval met sy vrou Zuleikha se verjaardag. Snaaks, terloops, dat Moslemvrouens toegelaat word om hul verjaardag te vier, siende hoe hulle tot onlangs toe in Moslemlande nie eens 'n motor mog bestuur het nie. Mag hulle hulle boerkas vir die dag afhaal, wonder mens, maar hoe dit ook al sy. Heelwat van Shaik se familie was ook teenwoordig by Shaik se behandeling.
Die behandeling by Ile Maurice bestaan uit medikasies soos seekos au gratin, Camembert Aux Amandes, Salade de Morue Surcouf en soortgelyke terapeutiese geregte. Heelwat van die behandelings het nie pryse nie maar eerder die letters SQ - ("silly question") wat beteken dat as jy moet vra hoeveel dit kos, jy dit duidelik nie kan bekostig nie. Shaik het sekerlik vir die behandeling betaal met geld wat hy op 'n besonder eerbare wyse verdien het. Julle weet, die gewone ding soos omkopery van amptenare, korrupsie en belastingbedrog.
Ek is seker ek en die res van die land se belastingbetalers is eenparig in ons wens dat Shaik se toestand binnekort vinnig sal versleg en dat ons spoedig kan uitsien na 'n uitspattige staatsbegrafnis vir 'n vooraanstaande voorbeeld vir die endemiese dog getransformeerde kriminaliteit so eie aan die Mzanziese piesangrepubliek.
Saturday, June 27, 2009
Die taxibedryf se absurde eise
Ek het groot vertroue in die vrye mark, veral in teenstelling met staatsbeheer van die ekonomie. Die mark kan baie beter en vinniger besluit wat die waarde van 'n item is en hoeveel aanvraag daar daarvoor bestaan, as wat 'n burokraat in 'n stowwerige kantoortjie kan maak.
Die vrye mark is egter nie volmaak nie. Krisisse soos die subprimakrisis gebeur van tyd tot tyd, maar andersyds verkeer die kommunisitiese alternatief vir die vrye mark deurentyd in een groot krisis. Mense het konstant in die USSR tou gestaan vir brood omdat daar 'n kontinue krisis met vraag en aanbod bestaan het. Die burokrate kon eenvoudig nie so akkuraat soos die vrye mark voorspel wat die aanvraag vir brood of enige ander item sou wees nie. Hoe die linkses in Suid-Afrika beplan om met getransformeerde, breindood amptenare dieselfde te probeer doen, is 'n nagmerrie vir 'n ander dag.
Die subprimakrisis is voorts juis veroorsaak deur politici wat ingemeng het in die werking van die vrye mark, toe hulle agv die vloek van politiese korrektheid druk op instansies geplaas het om geld te leen aan diegene wat dit nie kon terugbetaal nie. Politiese korrektheid in die VSA onder die Clinton-administrasie stel dus deesdae jou werk in gevaar.
Naas die uitspattighede van die bankiers is Suid-Afrika se taxibedryf ook iets wat my maak twyfel oor ongebreidelde, laissez-faire kapitalisme. Die taxibedryf het ontstaan toe entrepreneurs 'n gaping in die mark gesien het, en oorleef vir jare al sonder enige subsidies. Dit vervul 'n groot behoefte. So far so good.
Die probleem is egter dat die negatiewe aspekte van die taxibedryf sy positiewes ver oortref. Suksesvolle mark-ekonomieë maak staat daarop dat die meeste van die deelnemers eerbaar en wetsgehoorsaam is. Skurke soos Bernard Madoff is die uitsondering eerder as die reël in sulke stelsels.
Daar is weliswaar voorbeelde van markgerigte kapitalisme wat eksklusief vir misdadige doeleindes bedryf word. Die Cali kartel wat kokaïene verkoop, is weliswaar geskep in reaksie op 'n aanvraag vir hulle produk, maar dit word deur misdadigers bedryf en gaan gepaard met geweld en moord. Kompetisie bestaan daaruit om jou opponent van die gras af te maak.
Suid-Afrika se taxibedryf het meer in gemeen met die Cali kartel se tipe kapitalisme as wat dit met ordelike, Westerse kapitalisme in gemeen het. Mededinging bestaan daaruit om jou opponente met AK-47's af te maai. Hulle betaal geen belasting nie. Die reëls van die pad geld nie vir taxibestuurders nie. Hulle sal ry waar hulle wil en hoe hulle wil. 'n Taxibestuurder het 'n blanke kind op haar bromponie in Garsfontein doodgery omdat sy hom durf verontrief het. Vreemd dat die Engelse pers nie ook in 'n orgie van verontwaardiging "rassisme" geskree het oor dié insident nie… Aan die ander kant was die kind 'n blote Afrikaner en die bestuurder kroonwild in die gefaalde reënboognasie met sy monochrome swart reënboog.
Nes Colombië se polisiemag is die oorgewig, getransformeerde amptenary wie se enorme agterstewes oor die sale van hulle motorfietse hang, doodbang om hierdie wetteloosheid vas te vat. Hulle is agv transformasie nie bevoeg om die probleem hok te slaan nie (of inderdaad om enige iets te doen buiten pasteie te vreet onder 'n brug of motoriste af te pers), en ook te korrup om dit werklik te wíl doen.
Die uiteinde hiervan is dat die taxibedryf in wese 'n georganiseerde groep misdadigers is, was soos Pablo Escobar-hulle in die praktyk bo die wet verhewe is. Omdat hulle de facto aan geen wet onderhewig is nie, het hulle skynbaar ook besluit dat hulle de jure die paaie kan regeer. Soos die Engelse sê: "they have become a law unto themselves."
Só arrogant is die taxibedryf dat hulle deesdae maak op intellektuele eiendom. In die verwronge en beperkte gedagtes van Sipho die taxi-baas, het hy en sy bende glo "die taxiroetes bedink" en "besit hulle die intellektuele eiendom."
Snaaks, maar sover ek weet die oorweldigende meerderheid van Suid-Afrika se padnetwerk is vóór 1994 gebou en gaan dit sedertdien agteruit. Ek is seker die ingenieurs wat die vervoerstudies gedoen het, was nie deel van die taxibedryf nie. Ek verbeel my ook diegene wat die geometriese ontwerp gedoen het ook nie. So ook nie die kontrakteurs wat dit gebou het se terreinagente en ingenieurs nie.
Nee, ek lieg. Ek verbeel my nie net nie, ek was een van die ingenieurs wat dit in die ou bedeling gedoen het.
Hoe dit ook al sy, net so min as wat jy met 'n Colombiaanse dwelmsmous kan of wil redeneer, kan jy egter met die taxibedryf redeneer. Gevolglik het die absurde idee by die bedryf posgevat dat die beplande "Bus Rapid Transit" (BRT) stelsel aan die taxibedryf "behoort." Dis so goed die Cali-kartel besluit dat die Amerikaanse hospitaalstelsel aan hulle behoort, want beide werk met dwelmmiddels, nie waar nie?
Die verskil tussen Suid-Afrika en die VSA is egter dat hulle nog 'n funksionerende polisiemag het asook die politieke wil om dwelmhandelaars vas te vat, al is dit 'n haas onbegonne taak. In Suid-Afrika is die polisiemag getransformeer en gevolglik moertoe, en die politici wat meestal self misdadigers is, het geen wil om hulle mede-kriminele vas te vat nie.
Moet dus nie verbaas wees as die taxibedryf se absurde eise tog suksesvol is nie. Een van die dae word blanke skoolkinders nie deur 'n Hiace doodgery nie, maar sommer deur 'n bus wat deur die einste kriminele kartel bedryf word.
Friday, June 26, 2009
Die laagste gemene deler
Thursday, June 25, 2009
Wie gaan Eksdom se 31.3% verhoging befonds?
| Eksdom is pas 'n 31.3% verhoging toegeken. Dis uiteraard verregaande as jy 'n blanke belastingbetaler onder die vorige bedeling was, omdat jou belastinggeld reeds vir veelvuldige kragstasies betaal het. Daar is weliswaar diegene wat 'n las op die netwerk plaas agv hulle ongebreidelde voortplantingstempo, maar dis nie jou of my skuld dat Filemon nie sy penis in sy broek kan hou nie. Die probleem met bostaande is dat groot verbruikers soos die myne en aluminiumsmelters nie geraak gaan word die nuutste verhoging nie. Ook nie buurlande nie; Eksdom verkoop steeds elektrisiteit aan die piesangrepublieke aangrensend aan Mzansi teen 'n appel en 'n ei. So ook nie die sogenaamde armes, ook bekend as die townships se wanbetalers nie, hulle wat eenvoudig weier om vir dienste en erfbelasting te betaal nie. Nee, Eksdom se teiken is grootliks die blanke melkkoeie in die voorstede. My vraag is die volgende: siende dat die getransformeerde wanbetalers en maatskappye nie regtig die impak van die verhoging gaan voel nie, gaan dit noodwendig van iewers af moet kom. Die voor-die-hand-liggende teiken is jy en ek; die blanke idiote in die voorstede wat wel agteroor buig om ons rekeninge te betaal. Gegewe dat die verhoging 31.3% is, gaan ons nie meer as dit moet betaal nie, siende dat die Joodse industrialiste en Sipho in die townships juis nie 31.3% gaan betaal nie? Gaan ons dus nie noodwendig veel meer as 31.3% moet betaal nie? (Onthou: die verhoging is oorhoofs 31.3%, wat beteken diegene wie se verhoging minder as 31.3% is, insluitende Mosambiek en Rob Mugabe, se pro-rata verhoging moet van iewers af verhaal word.) Miskien is ons blanke melkkoeie se verhoging eerder 50% - as jy vandeesmaand R500 vir elektrisiteit betaal het, is jou rekening stellig volgende maand R750. Lekker vooruitsig, nie waar nie? Gombal en sy getransformeerde maatjie, die regstellende aksie-aanstelling by die munisipaal wat saam 'n breinsel met 'n leeggesuipte bierblik deel, steel mbv onwettige konneksies die krag, en jy, die onnosel melkkoei wat scheme Mzansi is 'n cool possie, betaal daarvoor, of bes moontlik befonds jou kragrekening Robert Mugabe en sy buddies... |
'n (On)verbasende gebrek aan patriotisme
Ene Kaaskop, in 'n brief aan Litnet, vra 'n baie pertinente vraag: as daar 'n militêre aanslag teen Mzansi sou wees, sou die meeste blankes toelaat dat hul seuns opgeroep word om Mzansi te verdedig? Ek sal beslis nie. Inteendeel; ek sal dit oorweeg om my dienste aan die invallers beskikbaar te stel, want dis toenemend duidelik dat die ANC bewind die Afrikaner se vyand is.
Pieter Mulder noem dat daar 10,000 Chinese vrywilligers was wat sonder vergoeding by die Olimpiese Spele in Beijing gewerk het. By die Konfederasiebeker-wedstryd tussen Italië en die VSA anderdag, daarenteen, het die sekerheidspersoneel gestaak vir meer geld. In Mzansi is dit dus elke man vir himself en na die duiwel met die res.
Die staking was niks anders as 'n siniese uitbuiting van 'n internasionale geleentheid nie. Vreedsame massa-optrede is toevallig ook iets wat ek dink Afrikaners volgende jaar met die Sokkerwêreldbeker moet doen om ons lot onder die wêreld se aandag te bring, maar ek is openlik onpatrioties teenoor die kunsmatige reënboognasie. Vergelyk daardie onpatriotiese houding met die ewe arm maar nietemin patriotiese Chinese s'n.
Mens sou so 'n gebrek aan patriotisme nog kon verstaan, komende van separatiste soos ek. Die stakers by die sokker is egter juis diegene teen wie daar nié in Mzansi gediskrimineer word nie, wat op die oog af wel welkome landsburgers is, anders as ek en my mede-Afrikaners. Die meeste stakers het voorts nie juis enige sterk nasionale identiteit (buiten moontlik aspirasies om Amerikaanse tipe gangsta rappas te wil word) of inderdaad 'n rede om te wil afstig nie. Hulle is dan in 1994 "bevry" waarom afstig?
Verduidelik die volslae gebrek aan enige patriotisme egter Benni McCarthy se openlike weersin daarin om van sy Europese klub af weggeskeur te word? Is 'n gebrek aan patriotisme miskien juis die verklaring vir die Bafana-Bafana, asook baie ander Afrika-sokkerspanne se patetiese vertonings? Die leë stadia wanneer die Bafana speel kan dus eerder toegeskryf word aan 'n afwesigheid van nasionale samehorigheid, en nie net die Bafana se swak vertonings nie.
In daardie opsig stem ek saam met die linkses wat sê dat die ou koloniale grense van Afrika 'n kunsmatige onding is wat deur Europeërs op onwillige mense afgedwing is. Mense, kan ek byvoeg, wat nie noodwendig die Europese konsep van nasionale trots of samehorigheid kan of wil verstaan nie. Dis nie dat die Europese konsep van 'n nasie-staat beter of slegter is aan Afrika se model van 'n sterkman en stam-onderdane nie, dis bloot anders en waarskynlik ontoepaslik vir Afrika.
Gesien in die lig van die bostaande is dit eintlik relatief eenvoudig om te bepaal wie is Afrikaners, en vir Afrikaners om onsself te bevry. Om iets aan die res van die wanfunksionele kontinent se lot te doen, is egter 'n katnes.
Anton B.
Tuesday, June 23, 2009
Afrika se vreemde gebrek aan sokker-sukses
epiese sportwedstryde tussen ek en my nefies aan die een kant en die
plaasarbeiders se kindertjies aan die ander. Dit het gewoonlik met sokker
begin, maar dit was eensydige wedstryde. Die plaasarbeiders se kinders was
in 'n ander liga as ons. Ons het dan die bal opgetel en begin hardloop om
die spel in rugby te verander, sodat ons ook 'n kans kon hê.
Die Engelse skole in ons omgewing het weliswaar ook sokker gespeel, maar die
feit dat sokker meer gewild is onder swartmense as onder veral ons
Afrikaners, was iets wat niemand betwyfel het nie. Dis steeds so. Ek sit in
'n vergadering anderdag en die voorsitter vertel opgewonde hoe hy kaartjies
bekom het vir die Konfederasiebeker wedstryd tussen Italië en Brasilië. Die
enkele mhlungu's soos ek het kennelik nie heeltemal in sy entoesiasme gedeel
nie.
Sokker is loshande die mees gewilde sportsoort wêreldwyd. Dis ook so in
Afrika. Die groot meerderheid mense in Suid-Afrika sou eerder 'n Chiefs -
Pirates eindstryd wou gaan kyk as 'n Bulle-Haaie eindstryd.
Tog wonder ek waarom Afrika se spanne so swak presteer in die Wêreldbeker.
Nog net twee kontinente se spanne kon al ooit die Sokkerwêreldbeker wen:
Suid-Amerika en Europa s'n. Brasilië is loshande die mees suksesvolle land,
met vyf kampioenskappe agter sy naam. Die beste wat enige Afrikaland ooit
kon doen, was vir Kameroen om die kwarteindstryd te haal. Dis vir my vreemd,
gegewe hoe gewild sokker op hierdie kontinent is.
Kan dit 'n gebrek aan geld wees? Ek glo nie. Brasilië is heelwat armer as
lande soos Duitsland of Italië. G'n Brasiliaanse klub is in geldterme die
gelyke van Real Madrid wat onlangs sowat R100 miljoen vir 'n speler betaal
het nie. Spelers soos die hamster "lookalike" Ronaldo word ook deur
Europese klubs afgerokkel, nes die geval is met Afrika se spelers. Wanneer
Ronaldo egter vir sy land uitdraf, pas hy sy Europese lesse daar toe.
Bafana-Bafana spelers soos Benni McCarthy, aan die ander kant, dink
verskonings uit om nie vir die nasionale span te speel nie. Argentinië, wat
destyds deur 'n geweldige ekonomiese krisis gegaan het, was in 1990 in die
eindstryd. Dit lyk dus nie of geld die enigste faktor in suksesvolle sokker
is nie.
Ook staan Afrikane se atletiese vermoëns bo verdenking. Sedert 1980 was daar
nie eens een blanke wat die 100m finaal in die Olimpiese Spele kon bereik
nie. Nie één nie - almal wat vir die afgelope 30 jaar die Olimpiese Spele se
100m kon wen, almal wat selfs in die finale was, was van 'n Afrika-herkoms.
Brasilië se bevolking het juis 'n beduidende persentasie Afrika-voorsate.
Afrika het sowat tien keer die bevolking van Brasilië, wat beteken dat die
poel van talent veel groter is as oorkant die Atlantiese oseaan.
Ten spyte hiervan is Mzansi se plaaslike sokkerspan 'n totale verleentheid,
gegewe dat Suid-Afrika die rykste land op die kontinent is. Afrika se ander
spanne sal voorspelbaar weer eens nie 'n faktor wees in 2010 nie.