Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Wednesday, June 3, 2009

Geert Wilders oor Stockholmsindroom

Die omstrede Nederlandse politikus, Geert Wilders, het die knuppel weer eens in die hoenderhok gegooi. Wilders het voorheen 'n omstrede video, Fitna, gemaak, wat Islam as 'n gewelddadige politieke ideologie ipv 'n religie uitbeeld. Interessant genoeg is Wilders en sy party tans die gewildstes in Nederland, en is daar 'n sterk moontlikheid dat Wilders die volgende eerste minister van Nederland kan wees. Dinge is besig om te verander.

Dié keer is Wilders se teiken 'n Nederlandse joernalis, Joanie de Rijke, wat deur die "Taliban" (meer waarskynlik gewone kriminele) in Afghanistan ontvoer en herhaaldelik verkrag is. Nádat sy vrygelaat is, het sy die absurde uitlating gemaak dat haar verkragters nie monsters is nie, en haar "gerespekteer" het. Nie net het hulle haar "gerespekteer" nie, maar sommer ook tee en koekies aangebied. Hoe beskaafd van hulle...

Haar absurde uitlating is uiteraard 'n vorm van Stockholmsindroom, soos Geert Wilders uitgewys het. Stockholmsindroom is 'n kwaal van die liberale en die linkse, en veral van die selfaangestelde intellektuele van die spesie. 'n Kenmerk van Stockholmsindroom is dat die slagoffer begin om te glo dat sy aanvallers die eintlike slagoffers is; dat hulle optrede deur eksterne faktore en dikwels deur ander mense bepaal word. Die aanvallers word in die verwarde koppie van die slagoffer uiteindelik vir 'n kameraad aangesien.

Dis veral die geval by die linkse wat 'n aanhanger van die religie van nie-rassigheid is. In sulke gevalle beskou die lyer mense van ander groepe, buiten sy eie, as per definisie nie in staat tot boosheid nie. As die lyer aangeval word deur iemand van 'n ander bevolkingsgroep, sal die lyer se Stockholmsindroom hom dwing om die aanvaller se optrede aan mense wat soos die lyer lyk, se sogenaamde rassisme toe te skryf. Sodoende word die aanvaller in die gedagtes van die lyer onskuldig, en word die blaam verplaas op lede van die lyer se eie groep.
Dis as't ware asof die slagoffer sy aanval verdien het, bloot omdat hy aan 'n bepaalde groep behoort.

Hulle sal byvoorbeeld by 'n linkse inbreek, sy besittings plunder, hom dik bliksem, maar dan sal hy die rampokkers hoog en laag teen die "wrede rassiste" verdedig wat die optrede veroordeel en vra waarom sekeres se misdaadkoers so buitensporig hoog is. Die misdadiger word op 'n vreemde wyse die slagoffer se mede-slagoffer, en die oorspronklike slagoffer verskuif die blaam vir die booswig se optrede na iemand anders.

In die vreemde, verwronge klein denkraamwerkie van die linkse, oa me De Rijke, word die krimineel die held, en word die linkse as slagoffer soos 'n mot na 'n kers, en selfs moontlik seksueel, aangetrek na die misdadiger.

Tuesday, June 2, 2009

Selfsugtige blanke ketter!

Arme Unathi Dyantyi. Sy menseregte is geskend. Sy waardigheid is aangetas. Sy manlikheid is in twyfel getrek. Hy is naamlik die slagoffer van erge rassisme. Bes moontlik is hy 'n toekomstige kandidaat vir die Muur van Herinnering by Pretoria se Vryheidspark as 'n held van die voortgesette struggle teen rassisme en apartheid.
 
Wie was die fascis wat hierdie skokmisdaad teen Dyantyi gepleeg het, wil julle seker almal weet? Wat het hierdie aartsrassis aan mnr Dyantyi gedoen, vra julle? Die oortreder is die 22-jarige Carolyn Forword, 'n aktrise voormalig verbonde aan die Riverside Theatre Company van Kaapstad. Die volgende stuk is nie vir sensitiewe lesers nie, en julle lees dit op eie risiko omdat dit so skokkend is. Me Forword het geweier om mnr Dyantyi tydens 'n opvoering, op aandrang van die regisseur, oopmond te soen vir 20 sekondes per opvoering, omdat sy gemeen het dis onhigiënies en onvanpas gegewe die teikengehoor van Graad 3'tjies.

Me Forword het hierdie walglike daad van rassisme gepleeg tydens die opvoering van 'n stuk wat ten doel het om die evangelie van nie-rassigheid aan skoolkinders so jonk soos 8 te verkondig. Julle ken dit mos, daai evangelie. "Gaan dan heen, transformeer al die blankes, en doop hulle in die naam van Diversiteit, Politieke Korrektheid en Nie-Rassigheid."

Ja, ja, ek weet, vrouens het die reg om nee te sê, veral waar dit by die aanraking van hulle liggame kom. Geen reg is egter absoluut nie, veral nie waar dit met die religie van nie-rassigheid bots nie. Me Forword was kennelik ongemaklik daarmee om mnr Dyantyi oopmond te moet soen, ten aanskoue van jong skoolkindertjies, maar sy het in die proses en agv haar opperste blanke selfsug die belangrikheid van transformasie uit die oog verloor, en versuim om haar liggaamlike voorkeure ondergeskik aan die heiligste van die heiliges, nie-rassigheid, te stel.

Want sien, alles, en ek bedoel álles, is ondergeskik aan die groot god diversiteit en die proses van transformasie. Ook vrouens se reg om oor hulle eie liggaam te beskik, ja, selfs dit. As me Forword bloot geweier het om 'n blanke akteur te soen, en soos Vivien Leigh tydens die verfilming van Gone with the Wind gekla het dat Clark Gable se asem stink, was alles egter in orde, want beide Gable en Leigh was wit en dus laag op die voedselketting.

Me Forword se kettery, haar aartssonde teen die religie van nie-rassigheid, was gesetel in die feit dat haar slagoffer, mnr Dyatyi, 'n swarte was, en sy 'n blote witte. Dis asof 'n onaantasbare in Indië 'n magtige Brahman-priester te na gekom het.

Soos die regisseur, Leslie Ehrhardt, dit stel: "It's a horrible situation. It undermines what people did here in the 60s, 70s and 80s in using theatre to challenge apartheid. Racism isn't significant in South African theatre and we shouldn't be talking about it." Inderdaad. Haar misdaad, haar rassisme was so afstootlik, sulke kettery, dat dit taboe hoort te wees om eens daaroor te praat.

Ek voel Ehrhardt se pyn saam met hom. Dat 'n blanke vrou so selfsugtig kan wees met haar eie liggaam, dat sy in haar opperste rassisme durf nee sê, gaan waarlik die verstand te bowe.


Wednesday, May 20, 2009

Helen Zille en Cheeky Watson is tragiese figure

'n Skrywer op Litnet se brieweblad, ene Bobbejaan, wil hê dat iemand aan hom moet verduidelik wie en wat Helen Zille nou eintlik is.
 

Ek vind haar 'n tragiese figuur – die blanke, Engelse liberaal met onkreukbare "struggle credentials" wat kennelik vandag moet wonder wat sy nóg moes doen tydens die jare van die Struggle, gegewe hoe sy deesdae verguis word.

Zille is inderdaad van gemengde Joods-Duitse afkoms. Mens kan dit veral sien wanneer sy probeer toyi-toyi... Zille was onder andere 'n joernalis wat vir die Rand Daily Mail gewerk het. Dié linkse koerant was bekend vir sy opposisie teen die vorige bedeling. Soms het die redaksie groot dele van die koerant se inhoud agter blokke swart ink verberg, in protes teen die sensors.

Terwyl sy vir die Rand Daily Mail gewerk het, was dit sy wat die besonderhede van Steve Biko se dood in polisie-aanhouding rugbaar gemaak het.

Zille was ook 'n lid van die Black Sash. Die Black Sash is destyds deur die NP as die "Weeping Winnies" bestempel, en is so genoem omdat hulle swart bande gedra het as 'n teken van protes teen wat hulle bestempel het as die verkragting van die destydse grondwet. Hulle het protes aangeteken teen oa die paswette.

Linkser as dit vir 'n blanke kon jy dus nie maklik kry nie, buiten miskien vir iemand soos Cheeky Watson, wat só gatgekruip het dat hy en sy seun, Puke, glad tot ereswartes verklaar is. Zille is, in terme van linkse ideologie, die Watsons se bloedsuster.

Die tragiek van die Engelse linkse, die Zilles en Cheeky Watsons van die lewe, is egter hulle naïwiteit. Ek is oortuig daarvan dat Zille die haatveldtog wat onder andere op Facebook teen haar gevoer word, onbegrypend gade slaan. Weer eens: onder al die blankes moes iemand soos Zille of Watson immers vir 'n held aangesien word in die swart gemeenskap, nie waar nie? Hoe kan hulle haar, van alle mense, dan as 'n rassis wil uitkryt?

Soos Nadine Gordimer besef het, neem omgekeerde rassisme egter nie die aansiens des persoons in ag nie. Die dag as Oehoeroe kom, gaan die metaforiese draer van die panga nie vir jou vra wat was jou oortuigings in die dae van apartheid nie. Wat Helen Zille, sekerlik 'n besonder intelligente vrou, toenemend moet besef is dat haar velkleur haar uniform is. Dit, en nie haar linkse verlede nie, is waaraan sy geken sal word in Afrika. Dit herinner nogal aan die NGK se leer van vooruitbestemming. Maak nie saak watter sonde jy pleeg nie, daar is lank reeds vooruit bestem of jy warmplek of hemel toe gaan. Maak nie saak hoe links jy dink jy is nie, jy is vooraf bestem om altyd 'n mhlungu te bly. 

Ek voorspel dat Zille, wanneer sy die tuig as leier van die DA neerlê, aan die hoof sal staan van 'n party wat sy hoogtepunt in 2009 bereik het, en sedert daardie verkiesing stadig  agteruit geboer het soos die blanke bevolking gekrimp het en die Xhosas die Weskaap mettertyd demografies beset het. By my ly dit geen twyfel dat Zille, "struggle-credentials" en al, op die ouetehuis se stoep sal sit en wonder hoe sy so naïef kon wees om haar te verbeel dat die meerderheid ooit vir 'n party met 'n wit vrou as leier sou stem.

 

Afrikaners het nie Jonathan Jansen as Messias nodig nie

Om te skryf dat professor Jonathan Jansen 'n obsessie met beide ras en Afrikaners het, sou wees om dit baie sagkens te stel. Jansen, wat dikwels beweer dat hy eintlik Engelssprekend is en by voorkeur Engels praat, het naamlik al twee poste by voormalige Afrikaanse universiteite beklee. Hy was dekaan van Opvoedkunde by Tukkies, en is tans die rektor van nóg 'n voormalige Afrikaanse universiteit, die Universiteit van die Vrystaat.

Vir iemand wat glo Engelstalig is en veral iemand wat so gereeld kritiek teen Afrikaners lewer, is dit kennelik vreemde werkgewerskeuses. Veral as mens Jansen se obsessie met gewaande blanke rassisme in ag neem, sou mens redelikerwys kon verwag dat hy eerder sy beroep by een van die legio swart of Engelstalige universiteite in Suid-Afrika en inderdaad die res van Afrika sou beoefen, so ver weg as wat hy maar kon van daardie rassistiese Afrikaners.

Nietemin kan mens leidrade vir sy motiewe uit Jansen se rubriek in Beeld van 20 Mei 2009 verkry. Sy gunstelingonderwerp, sogenaamde blanke rassisme en aggressie, is weereens in sy visier. Dié ongeloofwaardige rubriek handel oor 'n onwaarskynlike voorval: 'n blanke "rassis" wat glo woedend in Jansen se kantoor op hom gewag het, nádat Jansen eerstejaarstudente by "sy" universiteit verwelkom het.

(Jóú universiteit, prof Jansen? Bedoel u nie die voormalige Afrikaneruniversiteit, voorheen bekend as die Transvaalse Universiteitskollege nie? Bedoel u nie die studente, en veral die belastingbetaler se universiteit nie, waar u as Engelssprekende kwotalid van die personeel aangestel is en bo Afrikaanssprekende akademici op grond van u velkleur bevorder is?)

Alhoewel Jansen hoog opgee oor die sogenaamde blanke rassis se aggressie, erken hy self in die rubriek dat hy wat Jansen is op 'n lekker aggressiewe manier teenoor die "blanke rassis" opgetree het. Soos 'n wafferse, vingerswaaiende PW Botha wys die brulpadda-agtige Jansen toe glo vir die "rassis" wie's eintlik baas. Ek haal aan uit die rubriek: "Ek staan uit my stoel op, wys my vinger na hom en sê: 'Luister hier, dit is my kantoor hierdie, en in my kantoor sê ek jou wat om te doen. So, sit of loop hier uit.'"

Daar's hy. Nou is die rangorde gevestig. Jansen, die grootmeneer kwota-akademikus, het 'n blote student se ouer (m.a.w. iemand wat Jansen se salaris betaal) goed op sy plek gesit. Volgens Jansen het dit die "rassis" onmiddellik so mak soos 'n lammetjie gemaak en daar begin die man jou wrintiewaar sommer huil en bieg hy is 'n rassis. Hy bedank toe skoon vir Jansen dat Jansen sy dogter so tuis laat voel het by Jansen se universiteit.

Ek is jammer, maar Jansen se storie gaan eenvoudig nie op nie. 'n Persoon wat Jansen sou bedank vir die groot lig wat Jansen vir hom laat opgaan het, sou immers nie kwaad gewees het nie, sou hy? Moontlik het Jansen, wat homself klaarblyklik as 'n soort Jesusfiguur sien wat Afrikaners van ons "sondes" moet verlos, dié verhaal eerder as 'n gelykenis bedoel.

In die res van die rubriek spekuleer Jansen oor die aard van blankes se aggressie, wat volgens hom as rassisme tot uiting kom. As aggressie teenoor ander rassegroepe op rassisme dui, wonder ek wat Jansen dan sou maak van die sowat 45 000 blankes wat reeds sedert 1994 vermoor is, en 90 000 blanke vrouens wat verkrag is, bykans almal slagoffers van lede van ander rassegroepe?

Is bogenoemde dan nie ekstreme vorme van rassistiese aggressie nie, prof Jansen? Die sogenaamde rassis wat u so goed gewys het wie's eintlik baas, het u immers geen fisieke leed aangedoen nie. Moord en verkragting, daarenteen, is ernstige misdade wat meer as metofiese geweld behels. Waar is u rubriek wat te velde trek teen daardie vorm van rassisme?

Op moedswillige wyse "wonder" Jansen voorts wat skuil agter die blanke Afrikanerman se sogenaamde aggressie. Hmmm... dis nou vir jou 'n moeilike vraag. Totaal en al onverklaarbaar.

Of moontlik nie.

Probeer Jansen waaragtig voorgee hy is nie bewus is aan die skreiende diskriminasie wat blanke mans dag vir dag moet ervaar nie? U weet, prof Jansen, soos die VF+ se verkiesingsplakkate lui: "Te wit vir 'n werk?" Kan dít deel van die verklaring uitmaak?

Indien nie dit nie, hoe klink tienduisende dooie familielede, deur ander rassegroepe vermoor vir u as 'n regverdiging vir blanke mans se sogenaamde aggressie?

Of wat van die magteloosheid wat blanke mans ervaar, nádat ons deur ons eie sogenaamde leiers by Kodesa uitverkoop is, in 'n stuk volksverraad wat 'n halsmisdaad hoort te wees? Kan blanke aggressie iets te make hê met die gevolglike verlies aan enige vermoë om oor ons eie lot te beskik en ons uitlewering aan die dwingelandy van die vreemde massa en die Engelse geldmagte?

Ek verstout my om te sê dat Afrikanermans nóg in u amateuragtigtige poging tot psigoanalise, nóg in u leedvermakerige kwotabaasskap oor Afrikaners belangstel, prof Jansen. Daar is genoeg maatskaplike, opvoedkundige en ander probleme in u eie gemeenskap, die bruinmense, wat u voltyds kan besighou. Afrikaners het nie 'n Messias, en veral nie iemand soos u, se redding nodig nie.

Saturday, May 16, 2009

Wat vir 'n kreatuur is 'n "Afrikaanse"?

Op 'n heel voorspelbare wyse was dit 'n kwessie van tyd voordat ook Rapport sy mening oor Pieter Mulder gelug het. Lizel Steenkamp het toe nie teleurgestel nie.

In bogenoemde rubriek besig me Steenkamp opnuut die standaard, vervelige Nasperspropaganda oor die Nuwe!, Verbeterde! Suid-Afrika. Mens kan die propaganda in haar stuk met veiligheid ignoreer. Wat interessanter is, is haar woordkeuses wanneer sy na Afrikaners verwys.
 
Sy verseg weliswaar om die woord Afrikaner te gebruik, maar erken tog implisiet dat "wit Afrikaanses" (sic) 'n afsonderlike groep is. Snaaks hoe sy dit nodig vind om die byvoeglike naamwoord "wit" vooraan die term "Afrikaanse" te plaas, nie waar nie?
 
Ek het die heeltyd onder die illusie verkeer dat 'n "Afrikaanse" juis deur verveelde Kaapse linkses en werknemers van Naspers bedink is juis om te dui op 'n imaginêre nuwe groep of volk in Suid-Afrika, 'n mengelmoes van Afrikaner, Boer, bruin, wit, Christen en Moslem, wat volgens Ton Vosloo-hulle se wensdenkery eintlik dieselfde spesie diere sou wees.
 
Waarom vind me Steenkamp dit dus nodig om 'n term wat ontwerp is juis om 'n bepaalde linkse ideologie op Afrikaners af te dwing, en juis ten doel het om voor te gee dat daar 'n homogene groep Afrikaanssprekendes in die land is, te moet kwalifiseer met die woord "wit"? Sy is klaarblyklik onbewus van die ideologiese teenstrydigheid wat sy sodoende neergepen het. Haar eie woorde ondermyn dus haar ideologiese standpunt.
 
Buiten vir Naspers se publikasies en wensdenkery, is die term Afrikaanse uiteraard 'n klaaglike mislukking. Miskien ken ek nie die regte mense nie of word ek nie na die regte klas van partytjies genooi nie, maar ek weet nie van een persoon, wit of bruin, wat homself 'n "Afrikaanse" noem nie, buiten natuurlik wanneer ek lees wat Naspersjoernaliste soos me Steenkamp skryf.
 
Ek ken wel mense wat hulself Afrikaners, bruinmense of Boere sou noem, sonder dat dit nodig is om 'n toutologie te pleeg deur na hulself as "wit Boere" te wil verwys.

Die ontkenning van kulturele realiteite is politieke selfmoord

Die Engels-liberale pers is hoogs ontstoke deur die ANCYL en MK se aanvalle op Botoxzilla, nav laasgenoemde se akkurate kommentaar oor Zuma wat sy vrouens vigs kon gee. Joernalis ná joernalis stort sy of haar hoogheilige verontwaardiging uit in die Engelse pers, in artikel op artikel. Lees 'n hele aantal van die rubrieke in die Business Times se Weekender-uitgawe van hierdie week, byvoorbeeld, wat handel juis hieroor.

Beide Botoxzilla se aanval op Zuma, asook die Engelse pers se histeriese veroordeling van die ANCYL se aanvalle op haar, spreek egter slegs weer eens van een ding: die Engelse liberaal verstaan nou maar eenmaal nie hoe werk dinge in Afrika nie. Die Soutsakpienke dink dat, deur bloot ‘n liberale grondwet in te stel wat aan almal, maar veral swart lesbiërs in rolstoele, gelykheid wil belowe, derduisende jare se kulturele ingesteldheid ongedaan gemaak sal word. Dié misverstand is nie beperk tot blanke Soutsakke nie.

Ook daardie swart Engelsman, Thabo Mbeki, hy wat in Engeland opgelei is en daar “gely” het in exile, het nie die eerste benul gehad van hoe die meerderheid van sy kiesers se koppe werk nie. Mbeki het dit naamlik openlik voorgestaan dat die volgende president ‘n swart vrou moet wees, die oorgewig en onbekwame sousvliegtuig-passasier, Phumzile Mlambo-Nguka.Dié wanbegrip by Mbeki oor hoe die meerderheid van sy kiesers se kulturele ingesteldheid funksioneer, moes regsteeks bygedra het tot sy ontsetting in Polokwane, want die party het sy geklike idees, o.a. oor ‘n vroulike leier (bid jou aan!), oortuigend verwerp.

Want sien, ‘n vroulike stamleier is ‘n skaars ding in Afrika. Sjaka, Dingaan en Mzilikazi was beslis nié vrouens nie. Nee, dié konings se veelvuldige vrouens was inteendeel baie beslis tweedeklasburgers vergeleke met die sterkman homself. Dit was insgelyks eers onlangs dat die eerste Afrikaland ‘n vroulike staatshoof gekry het – Ellen Johnson-Sirleaf van Liberië.Al het die ANC ‘n paar vroulike ministers en provinsiale premiers, sou dit ‘n groot fout wees om geld te verwed dat Zuma se opvolger ‘n vrou gaan wees.

Mense wat Zuma se populistiese gewildheid onverklaarbaar vind, verstaan eweneens ook nie dat Zuma se lewensstyl, met sy koninklike kraal en horde vrouens en kinders juis bydra tot hierdie gewildheid nie. Die (ongesofistikeerde) swart kieser sien nie vir Zuma nie, hy sien vir Sjaka.Botoxzilla se fout was nie om die feitelike waarheid oor Zuma te praat nie – sy was weliswaar reg dat hy sy vrouens aan vigs kan blootstel (of hulle hóm miskien...)

Haar Engels-liberale politieke naïwiteit was eerder haar groot fout. Sy staan aan die hoof van ‘n politieke party wat baie graag swart steun wil verkry, maar sy verstaan eenvoudig nie dat uitlatings soos hare oor Zuma, sy as ‘n blote vrou (in die kop van die swart kiesers) wat die sterkman van die stam beledig, veel, veel erger is as om Zuma, die k-woord te sou toegesnou het.In politieke terme is Botoxzilla, gemeet aan Zuma, en ook ander Engelse liberales in Afrika, dus ‘n baba en 'n gestremde een boonop.

Zuma mag korrupsie gepleeg het (nes waarskynlik al die ander senior ANC-lede), maar sy politieke intelligense oortref enige huidige blanke politikus s'n. Hy het suksesvol uitgereik na Afrikaners, maar Botoxzilla se swak-deurdagte en uiters-onnosel uitlatings oor Zuma daarenteen, of dit nou feitelik waar is of nie, het slegs gedien om swartes te vervreem. Botoxzilla en haar mede-pienkes het nog baie te leer hoe dinge in Afrika werk.

Sy en haar party gaan egter nie daardie geleentheid kry nie. Haar aanval op Zuma was wat sy in haar taal sou noem "a career-killing move." Dis DA sal nou, meer as voorheen, nooit enige noemenswaardige swart steun kan bekom nie, omdat die Engelse liberaal onbegrypend poog om die swart kieser en kultuur aan sy eie standaarde te wil meet.

Saturday, May 9, 2009

'n Fuero vir Afrikaners

Die Spaanse term fuero is afgelei uit die Latynse woord "forum", wat beteken mark of vergaderplek. Die woord het sy oorsprong in die middeleeue. Sekere dele van Spanje, byvoorbeeld, was wel deel van die Spaanse koninkryk, maar was nie ten volle geïntegreerd met die Spaanse koninkryk nie, en het 'n mate van outonomiteit geniet. 

'n Fuero is tydens die middeleeue deur die landheer of die koning aan 'n groep of gebied gegee, met dien verstande dat alhoewel die groep of stam hul eie wette kon maak en oor hulself kon regeer, hulle tog die gesag van hetsy die koning, hetsy die landheer sou erken.

'n Goeie voorbeeld van 'n fuero in die geskiedenis was die Katolieke Kerk in die middeleeue. Alhoewel amptenare van die kerk die gesag van die plaaslike koning erken het, het hulle nie belasting aan die koning betaal nie, maar eerder aan Rome. Hulle was insgelyks nie onderworpe aan die gewone regspleging van die koninkryk nie. Priesters sou deur 'n kerklike hof verhoor word, en nie deur 'n gewone siviele hof nie.

Die mees bekende hedendaagse fuero is die Baske se streek in noordelike Spanje. Die Baske sien hulle fuero as iets soortgelyk aan 'n grondwet, wat die Spaanse grondwet deels vervang. Die Baske het hul eie polisiemag. Hulle sien om na hulle eie openbare finansies, met min of geen inmenging van die Spaanse regering nie.

Ek stel 'n soortgelyke bedeling vir Afrikaners in die vooruitsig. (Om die onafwendbare vraag van meet af aan te beantwoord: Afrikaners is Afrikaanssprekende afstammelinge van Europese setlaars, wat nie tans kwalifiseer as agtergeblewenes in terme van die Mzansi-staat se bemagtigings- en arbeidspraktyke nie.) Mzansi is die Xhosaterm vir "Suid-Afrika." 

Alhoewel daar wel geografiese gebiede is waarin daar groot konsentrasies Afrikaners voorkom – Pretoria en omstreke is een - is my voorstel dat dit vir alle Afrikaners, ongeag hulle woonplek, ook emigrante, moet geld.

Die rol van blanke Engelse is 'n onderwerp vir 'n hele ander debat, maar my mening is dat hulle 'n eenmalige geleentheid gegun behoort te word om hulle by Afrikaners te skaar, maar met dien verstande dat hulle bereid sal wees om onderworpe te wees aan owerheidsgesag, wat in slegs Afrikaans bedryf sal word. Kennelik is daar diegene in die Engelse gemeenskap, inwoners van Houghton moontlik, wat nie sal wil deelneem nie, maar dit is hul eie keuse.

Soortgelyk aan die Baskiese model, moet Afrikaners die grootste deel van ons belasting aan ons eie owerheid betaal, en nie aan die Mzansi-regering nie. Daar is kennelik gedeelde dienste en belange, wat Afrikaners en die Mzansi-regering sal deel, waarvoor Afrikaners hul deel sal moet bydra, byvoorbeeld die oprigting van kragsentrales. Die befondsing hiervoor behoort myns insiens te geskied dmv pro-rata oorbetalings van belastinggeld deur die Afrikanerowerheid, in verhouding met die persentasie van Afrikaners in die groter Mzansi-bevolking.

Daar is egter ander staatsfunksies, onder andere onderwys, handel en nywerheid, veiligheidsdienste, mediese sorg, sosiale dienste, regspleging en andere wat volksspesifiek behoort te wees, en wat volledig befonds moet word deur Afrikaners, en deur Afrikaners bedryf moet word, sonder enige inmenging van die Mzansi-regering. Afrikaners sal ook die bevoegdheid moet opeis om ons eie geldeenheid uit te reik, of moontlik om iets soos die Euro aan te neem as ons geldeenheid.

Ook is dit belangrik om ooreen te kom oor afgebakende Afrikanergebiede, weer eens Pretoria-Oos onder andere, waaroor die Afrikanerowerheid seggenskap en jurisdiksie sal hê. Die Afrikanerowerheid se polisiemag moet byvoorbeeld die reg hê om inwoners van Mzansi wat hulle aan misdaad skuldig maak binne afgebakende gebiede, te arresteer.

Die Afrikaner-owerheid moet deur Afrikaners verkies word, in terme van 'n toepaslike kiesstelsel, wat na my mening partypolitieke mededinging moet insluit. Sou die VF+ 'n verkiesing onder slegs Afrikaners kon wen, wonder ek?

Die voor-die-hand-liggende vraag word nou: watter insentief is daar vir Mzansi ANC-regering om toe te stem tot só 'n bedeling vir Afrikaners? Daar is verskeie faktore wat hierin 'n rol kan speel.

Een voordeel is dat die voortslepende omstredenheid oor regstellende aksie en swart bemagtiging bykans onmiddelik gestuit sal word. Dit sal nie meer nodig wees om regstellende aksie-praktyke in Mzansi se staatsdiens of privaatmaatskappye toe te pas nie, siende dat Afrikaners ons eie staatsdiens sal hê, en dat Afrikanermaatskappy by die Afrikanerowerheid se Registrateur van Maatskappye geregistreer sal wees. Dit staan die Mzansi-regering dus vry om 100% van alle poste in sy staatsdiens en maatskappye aan nie-Afrikaners te oorhandig.

Nog een is dat dit duidelik is aan almal behalwe die mees hallusinerende Afro-optimis dat Mzansi alreeds in 'n doodsspiraal is. Dienslewering en infrastruktuur verkrummel teen 'n versnellende tempo.

Dit alles dui daarop dat die ANC-staat se kapasiteit om die land te regeer, vinnig besig is om in duie te stort. 'n Kenmerk van baie Afrikastate is dat regeringsdienste geprivatiseer word, iets wat toenemend in Suid-Afrika gebeur. Skole, veiligheid en mediese sorg word toenemend privaat befonds, omdat die regering dit eenvoudig nie meer kan bied nie.

Indien Afrikaners dus nie langs onderhandele weë oor hulself gaan regeer nie, maw iets wat lei tot 'n de-jure owerheid nie, sal daar in die toekoms in ieder geval 'n de-facto owerheid ontstaan, waarvolgens Afrikaners in hul privaathoedanigheid sal moet ingryp om die staat se funksies oor te neem.

Net soos die semi-onafhanklike stamme of gebiede in ruil vir hulle fuero die landheer of koning se gesag erken het, stel ek dus in die vooruitsig dat Afrikaners die Mzansi-regering van die dag, tans die ANC, se gesag erken om oor die landstreek Suid-Afrika, oftewel Mzansi, te regeer.

Dié ooreenkoms hoort myns insiens ook verder te gaan. 'n Reuseprobleem waarmee die ANC-bewind tans sit, is dat die onregverdige voordeel wat regstellende aksie en SEB bied, baie gewild is onder sy swart kiesers. Hy word dus gedwing om onbevoegde indiwidue aan te stel in sleutelposisies, veral in die staatsdiens, wat bydra tot die versnellende verval van Mzansi.

Na my mening behoort die Mzansi-regering dus van sy staatsfunksies en –verpligtinge na die Afrikanerowerheid se staatsdiens uit te kontrakteer, of in Engels te "outsource." Laat die bestuur van veral infrastruktuur oor aan Afrikanerkundigheid, sodat die Afrikanerowerheid ten bate van beide Afrikaners en die inwoners van Mzansi kan omsien na onder andere die elektrisiteits-, pad- en waterinfrastruktuur.

Sodoende behou die Mzansi-regering sy gewilde beleidsrigtings – hy kan 100% van die Mzansi-staatsdiens verswart – maar nietemin word die dienslewering aan sy eie onderdane aansienlik verbeter, en hoef Mzansi nie nog 'n gefaalde Afrikaland te word nie. Weer eens: beide Afrikaners en die res van die inwoners van Mzansi word hierdeur bevoordeel.

Ter opsomming: 'n fuero, oftewel 'n eie owerheid, vir Afrikaners sal heelwat probleme vir Afrikaners oplos – misdaad, regstellende aksie, belasting wat nie op ons belange spandeer moet word nie en andere. Dis insgelyks 'n vorm van selfbeskikking, alhoewel dit (nog) nie volkome territoriale onafhanklikheid verteenwoordig nie.

Dit bied ook voordele aan die Mzansi-regering, siende dat Afrikaners met die mag om oor onsself te beskik, waardevolle en produktiewe vennote in Mzansi se ontwikkeling en bestuur kan word.

Waarvoor wag ons?


free counters Afrigator