Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Sunday, February 8, 2009

Mutual & Federal en New York se gierige bankiers

Moneyweb berig vanoggend dat Mutual & Federal, die korttermynversekeraar in die Old Mutual stal, het aangekondig dat hy bonusse gaan betaal aan sy direkteure.

 

Bonusse aan die direksie is niks buitengewoon nie, is dit?

 

Wel, ja, dit is, gegewe dat die maatskappy enorme verliese gely het oor die afgelope jaar. Hy het ook 20% van sy werkers in die pad gesteek en pakkette gegee oor die afgelope jaar. Gegewe hierdie toedrag van sake, is die bonusse wat hy aan sy direksie uitbetaal het nie net onverdedigbaar nie, maar inderdaad obseen.

 

Dit spreek van die ergste vorm van kapitalisme; die siniese uitbuiting van werkers en die selfverryking van die base ten koste van die werkers wat hulle poste verloor het. M&F se base sal dan egter onder die eerstes wees om te kla en kerm as die werkersklas op 'n sprong na links in die politiek aandring.

 

Barack Obama het voorgestel dat die "arme" bankiers wat deur Amerikaanse belastingbetalers se geld gered moes word uit 'n situasie waartoe hulle eie gierigheid regstreeks bygedra het, se salarisse beperk word na $500,000 per jaar. Volgens die New York Times is R5 miljoen egter hopeloos te min om hierdie arme siele se uitspattige lewensstyle te handhaaf.

 

Wonder hoekom my hart nie vir hulle bloei nie.

 

Liza Albrecht se vervanging van Tim du Plessis

Liza Albrecht het vir Tim du Plessis as redakteur van Rapport vervang. Nóg 'n blanke manlike Afrikaner is dus terloops vervang; etnies gesuiwer uit 'n bestuurspos, maar dié keer nie deur die gewone verdagtes soos die ANC-beheerde staatsdiens nie.

Nee, dit was sommer ánder Afrikaanssprekende blankes (ek huiwer om hulle Afrikaners te noem) – Naspers. Het Tim se rigtingverandering nádat sy seun die plesiere van regstellende aksie eerstehands ervaar het, te veel vir die ideologiese meesters by Naspers geword? Die Burger, Naspers se Kaapse dagblad, wat glo op Afrikaners gemik is, se redaksie is insgelyks reeds grootliks gesuiwer van blanke Afrikanermans en aan Naspers se "Afrikaanses" oorhandig, onder andere Zelda Jongbloed, wat meen dat die swak matriekuitslae glo aan apartheid toegedig kan word.

Me Albrecht erken self in haar intreeblog dat sy onervare is. Sy het minder as 10 jaar ervaring in die koerantwese. Hardebaardjoernaliste en subredakteurs met jare se ervaring, sal nou aan haar moet rapporteer. Hulle is oor die hoof gesien vir slegs een rede: hulle is lid van daai ongewenste muishondspesie, die blanke Afrikaanse man. Geoffer aan die altaar van politieke korrektheid, met ander woorde.

Me Albrecht was voorheen die redaktrise van By. By het 'n bepaalde, linkse inslag gehad. Só is daar byvoorbeeld die mees verregaande, ekstreem-linkse anti-Afrikaner, anti-blanke propaganda uit die gifpen van Christi van der Westhuizen, eertydse trawant van Max du Preez geplaas. Die einste Liza Albrecht het egter vir Dan Roodt die reg tot repliek op me Van der Westhuizen se rubriek geweier. Daar was glo 'n "gebrek aan spasie."

Vandag skryf me Albrecht haar intreeblog op Rapport se webwerf. Voorspelbaar is haar blog reeds gekontamineer met die geykte, politiek-korrekte terme: "heterogeen", "Afrikane", "Suid-Afrikaners" en "wêreldburgers." Amerika wil in reaksie op die geldkrisis sy horings intrek en nasionalisties optree deur mense aan te moedig om Amerikaans te koop. Me Albrecht predik egter steeds 'n wollerige, internasionale broederskap van die mensdom.

Soos Gustav Venter in 'n repliek op haar blog uitwys, skitter die woord "Afrikaner" in sy afwesigheid, iets wat alreeds boekdele spreek van me Albrecht se ideologiese hellery na die linkse kant van die spektrum.Ek is egter bereid om te wed dat die een, grootste groep van Rapport se lesers juis daai einste muishonde is wat Naspers so wil suiwer uit die organisasie – blanke Afrikanermans.

Dis duidelik dat Albrecht-hulle na die bruin mark probeer vry met die gebruik van daai afstootlike Naspers-uitvindsel: "Afrikaanses", m.a.w. bruines ook, maar tog erken sy per implikasie dat haar grootste aantal lesers nie bruines is nie wanneer sy skryf: "met ons grootste leserskap in Gauteng en in die Kaap. Die koerant penetreer sowat 27% van die algehele Afrikaanse mark."

Rapport se groot konsentrasies lesers is dus in Gauteng - op die Oosrand, in Pretoria, dele van Johannesburg en dan in die Weskaap - die noordelike voorstede van Kaapstad. Dis beslis nié op Mitchell's Plain of in Soweto nie. Nietemin is Naspers skynbaar gedetermineerd om sy verwronge multi-kulti ideologie in sy oorwegend Afrikanerleserkorps se keel af te dwing. Weer eens is Gustav Venter korrek in sy repliek.

Ons is siek en sat vir multi-kulti propaganda en onrealistiese twak oor die wonderlike reënboognasie. Daar is 'n groot dissonansie tussen wat Naspers se sikofante dink en hoe sy lesers die Nuwe Suid-Afrika werklik ervaar. Ek stel net soveel belang in 'n Zelda Jongbloed se mening as in 'n inwoner van Borneo s'n, want hulle is beide nie lede van my volk nie.

Me Albrecht en Tim du Plessis verknies hulle in hulle blogs op opeenvolgende Sondae oor die moeilike tye wat Rapport en ander publikasies binnegaan. Vir solank as wat Rapport en ander Naspers-publikasies egter voortgaan om my en ander blanke Afrikanermans, wat die meerderheid van hulle lesers opmaak, te vervreem, gaan hulle hulself in die voet skiet, en is beide Rapport en ander Afrikaanse koerante in die Naspersstal se dood binne 'n dekade 'n gegewe.

Jacob Zuma het nou bloed op sy hande ook

Dit word berig dat een van Jacob Zuma se blouligkonvooi-voertuie 'n voetganger doodgery het. Die konvooi was onderweg na Nongoma om Zuma te gaan optel. Kameraad Carl was vinnig om uit te wys die Zoeloe Messias was nie ten tye van die ongeluk in die konvooi nie, maar dit is nietemin Jesus Zuma se eie blouligkavalkade en daarom mis Kameraad Carl weer (soos gewoonlik) die punt.

Dit is die tweede geval waarin die roekelose optrede van hierdie testosteroon-gedrewe ape tot die dood van 'n onskuldige mede-padgebruiker gelei het. Vroeër is 'n ander motoris, mnr Kyle Harris, ook dood weens die optrede van hierdie wettelose bobbejane. Met groot ironie is dit waarskynlik dat die onskuldige wat doodgery is, 'n lid van Zuma se eie volk, 'n Zoeloe. (Vir al die politieke korrektes: let op dat dit nie bekend is wat die rassegroep van die skuldige bestuurder is nie. Vir al wat ek weet was hy wit.

Die gebruik van die term bobbejaan verwys dus na die onnosel optrede van die lede van die blouligkonvooie.)Benewens die wettelose eiegeregtigheid waarmee die blouligkonvooie optree, is die ander probleem dat hierdie konvooie 'n onwettige besteding van staatsfondse is. Zuma is nie 'n staatsamptenaar nie, alhoewel hy die hoof is van die ANC. Hy beklee geen pos waarvoor die belastingbetaler hom besoldig nie, en derhalwe het hy net so min aanspraak op 'n kavalkade duur Duitse motors met gewapende bobbejane agter die stuur, as wat Helen Zille of inderdaad ekself het.

Die feit dat hulle teen 180km/h jaag en chaos op die paaie saai, is niks anders as 'n soort magsvertoon deur 'n wettelose politikus aan die hoof van 'n wettelose groep voormalige terroriste en huidige misdadigers nie; 'n spreekwoordelike Afrika-"Big Man" wat homself duidelik as nie net verhewe bo die landswette beskou nie, maar sommer vir 'n soort goddelike figuur aansien. Dit is simptomaties van die versnellende pas waarteen Suid-Afrika besig is om in 'n volslae piesangrepubliek te verander.

Is 'n 1% daling in rentekoerse genoeg?

Donderdagmiddag sal ons weet of die Reserwebank sy uitleenkoers met 0.5%, 1% of selfs, soos party ekonome hoop, met 1.5% gaan sny.


Is dit ‘n geval van te min, te laat? Is 1% genoeg?


Die aanvanklike gedagte agter hoë rentekoerse was om inflasie te bedwing. Inflasie ontstaan oa wanneer mense goedere koop met geld wat hulle nog nie verdien het nie en geleen het. Pryse styg want mense het te veel geleende geld en verkopers kan die hoë vraag na goedere uitbuit.

Maak egter nie saak hoe uitbundig die publiek aangaan en skuld maak nie, gaan daar ‘n punt kom in SA en Westerse lande waar die skuldlas eenvoudig so hoog is dat die gemiddelde man op straat bykans sy ganse salaris aan skuldterugbetalings spandeer en dan noodgedwonge moet ophou om goedere aan te koop. (Die Oosterlinge daarenteen is baie meer spaarsamig as ons, maar iemand moet daai cheap gemors koop wat die Chinese maak, so China gaan ook swaarkry.)

Op die stadium waar die skuldlas te hoog is, gaan die vraag en moontlik die prys van goedere moet begin afneem, want daar is eenvoudig nie meer genoeg kopers nie. Huispryse het in 2008 in reële terme gedaal. Al die verbruikers se geld gaan aan skuldbetalings. ‘n Hoë rentekoers maak hierdie punt bloot gouer aanbreek as wat die geval sou wees onder ‘n lae rentekoers. As die rentekoers 5% was ipv 15% sou dit langer geneem het, maar die mense se skuldlas sou ook daar gekom het. In Brittanje was die rentekoers baie laer as in SA, maar hulle skuldvlakke teenoor inkomste is ook baie hoog.


Suid-Afrika is egter reeds daar waar Jan Alleman te veel skuld het en te min inkomste. Motorverkope het in Januarie met 35% afgeneem vergeleke met laasjaar. Dit het gebeur terwyl rentekoerse besig is om te daal. Die 0.5% rentekoersdaling in Desember het dus absoluut niks gehelp nie.


Sodra hierdie punt bereik is, is inflasieteikening soos deur die Reserwebank toegepas, van nul en gener waarde nie. Inflasie sal in ieder geval uit die stelsel uit verdwyn omdat mense 80%, 100% of 110% van hulle inkomste aan skuld moet betaal. Hulle gaan nie meer Mercedesse koop nie, en dus kan Mercedes dit nie eens logieserwys oorweeg om pryse op te stoot nie, alhoewel sommige maatskappye dit wel sal probeer tot hulle eie nadeel.


Die dilemma wat Suid-Afrika tans mee sit, is dat die skuldlas so hoog is dat inflasie nie meer ‘n faktor is nie. Dit help nie meer om rentekoerse hoog te hou nie, want die aanvraag vir goedere gaan in elk geval in duie stort. Die bekommernis oor die tekort op die lopende rekening (die verskil tussen invoere en uitvoere) en die verswakking van die rand, kan ook mettertyd wegval, want mense sal nie meer geld kan spandeer aan Koreaanse TV-stelle nie, want hulle het dit nie meer nie.


Wat die hoë rentekoerse nou doen, is om verbruikers te laat wurg met skuldbetalings, besighede te laat swaarkry omdat verbruikers noustrop trek, dit besighede mense maak afdank, en afgedankte gebruikers nog meer te laat wurg. Dit word ‘n spiraal van ellende. Die motorbedryf het reeds iets soos 15,000 mense ontslaan. Daai 15,000 mense kan nou nie meer by Woolworths gaan "shop" nie.


Die SARB behoort myns insiens in te sien dat inflasie nie meer die probleem is nie, maar dat ons eerder selfs na deflasie kan beweeg, waar mense ophou om goedere te koop want hulle verwag dat pryse sal val as hulle lank genoeg wag, wat rampspoedige gevolge sal hê. As jou werkgewer elke maand minder vir sy goedere gaan kry, gaan hy jou salaris moet verminder, wat pryse nog verder sal laat daal omdat jy nie meer geld in jou sak het nie. Dis een ding wat in ‘n depressie kan gebeur.


Een persentasiepunt Donderdag is te min. Die SARB sal moet ingryp en kyk na iets soos ‘n dramatiese en onmiddelike 3% sny, en later miskien nog 1% op elke vergadering.

Die definisie van 'n rassis...

...is iemand wat 'n argument wen met 'n linkse of liberaal, soos Peter Brimelow uitgewys het.Anderdag wys ek uit dat 'n skrywer aan Sênet verkeerd is in 'n brief wat hy oor Turkye geskryf het.


Niks in my skrywe maak melding van velkleur of ras nie, maar die skrywer se reaksie doen onmiddelik die voorspelbare: dis bloot 'n tirade wat Afrikaners sommer in die titel daarvan van rassisme beskuldig. My brief gaan oor Turkye en die Koerde; die reaksie? Oor rassisme.

Jammer, maar die skrywer het my daar verloor. Die blote gebruik van die woorde "rassis" en "rassisme", lyk dit vir my, word deur party mense (soos die selfhater in die brief hierbo) gesien as iets met 'n soort magiese krag, iets soos die "abrakadabra" van kleintyd. Sê bloot die towerwoord vir jou opponent, reken sommiges, en jy wen summier enige argument.

Beskuldig iemand dat hy 'n rassis is, en dan dink hierdie swape jy het hom stilgemaak. Diegene wat dit glo, is natuurlik lede van die nuwe geloof van Anti-rassisme. Dis uit en uit 'n geloof, met sy eie taboes, dogma en sensuur. Ook een met fanatiese ondersteuners wat Osama na 'n gematigde maak lyk.

Lees gerus hierdie rubriek vir 'n verdoemende ontbloting van die religie van Anti-rassisme vir die groot gekkespul wat dit is. Dissipels van hierdie kerk besef nie dat die beskuldiging "rassis" só tot die dood toe oorgebruik is nie, dat dit alle impak verloor het. Dit dui slegs daarop dat die een wat dit rig, die argument verloor het.

Ek ontken nie dat daar wel ware rassiste is nie. Hier is hier en daar 'n goeie voorbeeld van iemand wat wel 'n ware rassis is, en so ook is die ANC-regime se SEB en RA-praktyke uiters rassisties, maar te oordeel aan die dissipels van die Kerk van Anti-rassisme se fanatici, is al wat 'n blanke man is een. Hoe weet jy as 'n blanke man rassistiese goed sê, sou mens sweer? Sy lippe beweeg.

(Die groot ironie is inteendeel juis dat blanke mans in Suid-Afrika aan die ontvangkant is van die mees skreiende rassisme denkbaar. Op webwerwe soos Careerjunction.co.za staan daar bv blatant langs advertensies vir poste: "AA/EE", wat beteken "no white males need apply." En DIS nie rassisties nie? Asseblief. Myns insiens is sulke naakte rassisme 'n rede vir grootskeepse verset onder blanke mans, asook 'n resep vir 'n rewolusie. As die Struggle dan oor rassisme gegaan het, behoort ons Stryd ook oor die einste rassisme te gaan.)

Dis nou behalwe dié blankes wat hulself oortuig het dat hulle boete gedoen het deur hulle eie volk en ras te haat, en gereeld in die openbaar op te gee hoe sterk hulle selfhaat (Engels "self-loathing") is deur hulle mede-blankes sonder ophou van rassisme te beskuldig. Ek wonder of dit nie eerder van die dissipels van die Kerk van Anti-rassisme se eie obsessies met ras spreek nie? Spreek dit moontlik van begeertes wat onder die ou bedeling onderdruk moes word? Indien wel weet ek nie waarom kwel dit sulke mense nog nie. Die Ontugwet is lankal afgeskaf - gaan trou gerus met iemand van 'n ander volk as dit jou dan so fassineer. Niemand gaan julle daarvoor toesluit nie.

Daar is wel miljoene aanhangers van hierdie geloof, wat soveel tyd en energie spandeer aan hulle totale obsessie om imaginêre rassisme oral uit te snuffel, dat hulle ganse patetiese lewetjies daardeur oorheers word. Veral lede van die regerende ANC regime se koppies haak so erg vas by imaginêre rassisme, dat hulle die enorme probleme wat niks met andere se vermeende rassisme uit te waai het nie, vigs, armoede, korrupsie ensovoorts, skynbaar nie raaksien nie.

Viva Julius Malema!

Tydens die opening van die Parlement Vrydag, het Talk Radio 702 'n onderhoud met Koos van der Merwe, voormalige KP en huidige IVP LP gevoer.Koos is nie iemand wat terughou of sy tong byt nie. Hy het 'n briljante punt gemaak.

Sy punt was dat die ANC (en veral sy per-definisie gestremde blanke sikofante, sou ek persoonlik byvoeg) fundamenteel te onnosel is om die verskil tussen 'n bate en 'n las te eien. Die ANC verstaan nie dat Julius Malema geweldig baie doen om die debietkant van die ANC se balansstaat na benede te rem nie.

Malema is, naas die korrupte veelwywer met sy verdagte vriende en St 2 opvoeding, die een, grootste las waaroor die ANC beskik. Koos het selfs aangebied om Malema se salaris te betaal, gedagtig aan Napoleon Bonaparte se bekende gesegde: "moet nooit jou vyand onderbreek terwyl hy 'n fout maak nie." Malema is Cope, die IVP en die DA se grootste bate; hul grootste stemwerwer; veel meer effektief as wat enige Helen Zille of wapenskandaal kan droom om te wees.

Hy is rasionele Suid-Afrikaners se grootste motivering om te besef dat die ANC niks meer is as 'n korrupte versameling skuimsuiers nie. Alhoewel Koos sy aanbod grappenderwys bedoel het, sou die befondsing van Malema se salaris geensins 'n irrasionele optrede wees nie. Ek is persoonlik bereid om by te dra tot Malema se salaris, want sy uitsprake, ideologie en optrede is so verregaande, so vermaaklik, dat dit inderdaad tot 'n hele nuwe party gelei het (Cope) en 'n ganse industrie; Malema-bashing - tot gevolg gehad het.

Nee, ernstig, ek sal bydra tot hierdie volslae moroon se salaris. Die klag teen Malema by die MRK deur Afriforum is daarom myns insiens 'n fout. Malema is 'n droom vir enige opposisieparty. Ons moet hom nie aankla nie; ons moet hom aanmoedig. Ons moet Malema op elke denkbare manier provokeer. Ons moet hom kry om soveel as moontlik in die openbaar te praat.Malema is naamlik die argetipe van alles waarvoor die ANC staan.

Die sikofante kan gerus maak of hulle 'n weersin aan Malema het, maar nietemin is hy 'n gewilde figuur. Hy is hulle party se openbare gesig, nes die korrupte veelwywer Zuma is.Om lid te wees van die versameling kriminele en skuim wat die ANC is, is dieselfde as om per definisie 'n Malema- en Zuma-aanhanger te wees, want beide Zuma en Malema geniet groot, en inderdaad die meerderheid, se steun in die ANC.Jy kan nie effens swanger wees nie.

Jy kan ook nie 'n effense ANC-lid wees nie, een wat Mandela bewonder maar nie Zuma of Malema nie. Zuma, die korrupte veelwywer, is die ANC se huidige leier, Malema die leier van die Jeugliga. Jy kan nie 'n absolute weersin aan byvoorbeeld Helen Zille koester maar nog steeds die DA ondersteun nie, want Zille is jou party se openbare aangesig.

Assosieer jou dus per implikasie met semels soos Malema of Zuma, en jy identifiseer jouself as varkkos, as 'n aanhanger van dit wat beide Zuma en Malema voorstaan.Viva Malema en Zuma!

R&B en Hip-hop hoort 'n halsmisdaad te wees

Neil Barnard (geen verwantskap nie), gewese nasionale veiligheidshoof, is in die pekel omdat hy glo 'n buurman met 'n wapen gedreig het omdat laasgenoemde aanhoudend R&B musiek gespeel het.Ek moet bieg dat my simpatie volledig by Neil Barnard is. Daar is geen verskoning om R&B musiek te pleeg nie, en veral nie om ander mense daarmee te teister nie.

Mens pleeg R&B deur dit te skryf of om dit te speel. Om dit willens en wetens aan te koop en dan daarna te luister, spreek inderdaad van ernstige psigiese probleme by die aanhoorder daarvan. Dis onseker of diegene wat van R&B hou per definisie versteurd is omdat hulle sulke totale kak koop, of mettertyd versteurd raak juis omdat hulle daarna luister nie. Miskien is dit 'n kombinasie van beide.

R&B is 'n uiters irriterende gejodel - "ooo-waa-ooo-aaa-waa-wuu" wat spreek van 'n bepaalde breindood mentaliteit by eerstens die kunstenaars wat dit pleeg, maar veral by die volslae, versteurde idiote wat daarna luister. Dis soos Douglas Adams se storie oor die Vogons se digkuns - ek sal nie verbaas wees as die aanhoor van R&B na ernstige inwendige bloeding kan lei nie.Soos muskiete die demone van die arthropoda is, is R&B die demoon van musiekstyle, 'n totale verpesting waar dit by musiek kom.

Dis ontbloot van meriete, dit is swak, swak, swak, tot die dood toe swak. Dis die musikale ekwivalent van die Ford Edsel.As jy my wil martel en ernstige psigose by my veroorsaak, moenie my vingernaels uittrek nie. Dwing my bloot om na Mariah Carey of Brian McKnight te luister.Neil Barnard is nie die skuldige hier nie. Die blote produksie en vrystelling van R&B musiek moet tot 'n halsmisdaad verklaar word, strafbaar met oombliklike teregstelling, hetsy in die ateljee of op die verhoog. Sy buurman behoort vir die doeleindes van die veiligheid van die gemeenskap, permanent in Valkenberg opgesluit te word.
free counters Afrigator