Political Blogs - Blog Catalog Blog Directory

Thursday, September 17, 2009

Monday, July 27, 2009

Nuwe blog-adres

Neem asseblief kennis dat u my blog voortaan hier sal kan lees.

Ek verwelkom die gedenkmuur by die Voortrekkermonument

'n Aantal jare was daar groot omstedenheid toe die ANC sy sogenaamde "Vryheidspark" in Pretoria opgerig het. Die Vryheidspark se muur van herinnering het die ANC se "helde" van sy sogenaamde vryheidsstryd gedenk.

Hierdie sogenaamde helde was uiteraard niks van die aard nie. In werklikheid was hulle 'n besmetting van boewe, terreursaaiers en kriminele skuim; moordenaars van onskuldige mense wat nie eens een vierkante sentimeter grondgebied militêr kon bevry nie . Op die ANC se muur van herinnering is daar ook die name van Kubaanse aggressors, wat hul bewind se Marxistiese ideologie op Afrika wou kom afdwing het. Daar was kennelik diegene wat ontsteld was omdat gestorwe blanke soldate en dienspligtiges se name nie ook op die ANC se skandmuur sou verskyn nie.

Ek was nie een van hulle nie.

Ek het inteendeel die besluit van die ANC heelhartig gesteun. Dit sou vir my as voormalige dienspligtige 'n uiterste klap in die gesig gewees het om op enige manier geassosieer te word met die ANC se sogenaamde helde. Dit sou 'n onreg teenoor my gevalle mede-soldate gewees het om 'n muur te moes deel met die ANC se sogenaamde helde.

Ek verwelkom daarom met groot blydskap die besluit om 'n muur van herinnering by die Voortrekkermonument op te rig. Anders as Beeld, wat steeds die uitgediende evangelie van 'n sogenaamde reënboognasie probeer predik. Beeld is opgeklits omdat daar nou twee mure is, maar dit spreek slegs van hoe uit voeling Naspers met die werklikheid is.

Die twee mure se simboliek strek uiteraard veel verder as blote aparte monumente aan enersyds soldate en andersyds die plaag wat eersgenoemde moes beheer. Dit spreek ook luidkeels van die volslae mislukking van die reënboognasie, 'n links-liberale versugting na iets wat fundamenteel onwerkbaar en gedoem was. Die simboliek van die Voortrekkermonument is insgelyks diepgaande.

Ek meen dat die ANC, interessant genoeg, geen beswaar sou hê teen die aparte gedenkmure nie. Dit is 'n voldonge feit dat die ANC steeds Thabo Mbeki se twee-nasies siening aankleef. Tweedeklasburgerskap vir blankes, en die gevolglike skeiding van Suid-Afrika in ten minste twee volke, swart aan die een kant en Afrikaners en ander blankes aan die ander kant, is inderdaad ANC-beleid. Praktyke soos regstellende aksie, die veldtog teen Afrikaanse skole en kultuur en die uitwissing van blankes se geskiedenis is 'n blote vergestalting van hierdie ideologie.

Die aparte gedenkmuur by die Voortrekkermonument is derhalwe 'n baie welkome verwikkeling, 'n terugkeer na realisme oor die wenslikheid van skeiding tussen volke. Mag dit die voorspel wees tot selfs 'n groter skeiding tussen die volke wat die geografiese streek Suid-Afrika bewoon.

Sunday, July 26, 2009

Steve en die jeukkoekies

Steve het dus nóg 'n skelmpie, aldus Rapport. Groot verrassing. Steve word allerweë voorgehou as die alleenskurk in die verhaal, die sanger wie se penis hom pla, iets wat ek kennelik nogal vreemd vind.

Want sien, Steve se huwelik met Natasha was alombekend. Die "onskuldige slagoffers" van Steve se owerspelige gewoontes en gedrag kan kwalik kenne wil gee dat hulle nie geweet het van hetsy Steve se verhoudingsstatus nie, hetsy Steve se reputasie nie.

Laas toe ek gekyk het, was seks iets wat twee mense ingesluit het. 'n Gewer en 'n ontvanger, as't ware. Steve se skelmpies in Kaapstad, Bethal en Gott-weet-waar-nog, kan kwalik te kenne wil gee dat hulle nie van Steve se reputasie of sy verhoudingsstatus bewus was nie. Hulle was kortom nie blosende maagde wat deur die bose mnr Hofmeyr verlei is nie. Hulle was gewillige deelnemers wat hulle beentjies soos grondboontjiebotter gesprei het.

Daar is 'n legio ander mense wat hulself ook skuldig maak dieselfde soort gedrag; aan owerspel en 'n verneukery. Die verskil tussen hulle en Steve is bloot dat laasgenoemde bekend of berug is. Die kantoor-gigolo en die kantoorslet wat by jou kantoor werk, is toevallig nie bekendes nie. Sonde is egter sonde, of jy nou bekend is of nie.

Dat Steve se penis jeuk, is geen geheim nie. Dat die groupies wat daarvoor val, se koekies jeuk vir bekende mans, hoort insgelyks nie 'n geheim te wees nie. Dis egter geensins meer nuuswaardig nie. Dis vinnig besig om banaal en vervelig te raak. Rapport is vinnig besig om in 'n poniekoerant te ontaard, want ek is bereid om te wed dat daar vir die volgende 52 weke genoeg jeukkoekies is, 'n spreekwoordelike pomp op elke dorp, wat almal gewilliglik deur Steve gediens is. Waarom ek daaroor wil lees as die hoofberig, terwyl Suid-Afrika se townships brand, weet slegs me Albrecht.

Sunday, July 19, 2009

Geweldige ironie

Ten minste 9 mense is dood en verskeie beseer in 'n bomaanval in Jakarta. Die Indonesiese president Yudoyonho beskryf die aanvallers as "verspreiders van die dood." 

Die ironie is gesetel in die feit dat die aanval plaasgevind het die dag voor die internasionale viering van nog 'n verspreider van die dood se verjaardag.

Die bomaanvallers het hul met hul daad 'n baie gepaste verjaardaggeskenk gelewer, al was dit nie so beplan nie.

Tog is dit snaaks hoe die aanvallers in Jakarta allerweë vir misdadigers aangesien word, maar andersyds word die persoon wat die aanval hieronder goedgekeur het, vir 'n sogenaamde held aangesien. Hy was inderdaad 'n stigterslid van die organisasie verantwoordelik vir die pragtige en opbeurende tonele hieronder. Ek skree sommer spontaan "viva!"

Ek was daardie middag in die tekenlokaal van die Universiteit van Pretoria se ingenieursfakulteit en het die bom gehoor afgaan, al is die universiteit 'n goeie paar kilometer van die middestad af.

Ek sal inderdaad op die 18de Julie dink aan die verspreider van die dood verantwoordelik vir die tonele hieronder, maar ek twyfel of die gedagtes enigsins van 'n positiewe aard sal wees. Ek sal stellig nie meegevoer word deur die kultus van die verering van die anti-held nie.



Wednesday, July 15, 2009

Hoe nou, Sadou?

Die Natalse tak van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysers-Unie, Sadou, kla oor hoe eksamenantwoordstelle nagesien word. (Is dit nie terloops interessant hoe menige lande en organisasies met "Demokraties" in hulle name juis niks van die aard is nie? Sadou is 'n gawe versameling Staliniste, en so ook was die Duitse Demokratiese Republiek allermins demokraties.)

Volgens Sadou word nie-moedertaalsprekers van Engels glo benadeel deur die wyse waarop antwoordstelle nagesien word.

Sadou se lede is uiteraard die einste onderwysers wat skoolhou vir juis diegene– swart leerlinge en hulle ouers – wat ten alle koste aandring daarop om in Engels onderrig te word. Die Hoërskool Ermelo verkeer byvoorbeeld nie onder druk om klasse in plaaslike tale – Zoeloe of Tswana – aan te bied nie. Nee, dit móét Engels wees.

Die resultaat is voorspelbaar. Die Zoeloesprekende skoolkind sit op die skoolbank en word uit 'n Engelse handboek onderrig in wiskunde of biologie. Die onderrig word verskaf deur 'n onderwyser wat Engels probeer praat, maar eintlik self 'n Zoeloe is en wie se taalvaardigheid in Engels swak is. Nóg die skoolkind, nóg die onderwyser verstaan hetsy Engels op 'n aanvaarbare vlak, hetsy begryp hulle alles wat in die handboeke in Engels gekryf is. Die kinders gaan skryf dan hul eksamens, ook in Engels, en druip soos vlieë.

Sadou se lede is nie net die kluts met Engels kwyt nie, maar gaan soek ook die blaam vir swak prestasies op die verkeerde plek. Die leerlinge se swak prestasie word summier toegeskryf aan die nasieners, wat glo eers die Engels wat die leerling probeer besig beoordeel, en dan eers na die vakkundige inhoud van die antwoordstel kyk.

Die driedubbele mededingende nadeel –'n onderwyser wat nie eintlik Engels kan praat nie, 'n leerling wat nie die Engels in die handboek ordentlik kan lees nie en dan in Engels eksamen moet skryf, word egter totaal en al deur Sadou geïgnoreer.

'n Voor-die-hand-liggende oplossing vir swak prestasie sou logieserwys insluit om a) handboeke in die moedertaal van die leerlinge op te stel, b) vir die leerlinge om onderrig in hulle moedertaal te ontvang, en c) om die eksamen ook in hulle moedertaal te skryf. Daar is sowat vier keer meer Zoeloes as Afrikaners en dus regverdig hul getalle al die bostaande stappe.

Luister is egter min. Dit móét teen wil en dank Engels wees, al lei die gebruik van Engels regstreeks daartoe dat 'n groot aantal leerlinge druip. In die Marxistiese onderwysvakbondlid, asook die leerlinge en hul ouers, se koppe is dit egter beter om in te Engels druip as om in Zoeloe deur te kom.


Monday, July 13, 2009

Viva RICA!

Almal van ons vang dom dinge aan - ek selfs meer as die volgende ou. ‘n Paar jaar gelede is ek lelik met ‘n slenter gevang. Ek het ‘n skootrekenaar in die Junk Mail geadverteer. ‘n Persoon het my toe gekontak en gereel dat ons mekaar by ‘n winkelsentrum sou ontmoet om die rekenaar te oorhandig. Hy het, voor ons mekaar ontmoet het, ‘n bewys van deposito in my rekening aan my gestuur en soos ‘n idioot het ek gedog dis legitiem. Ok maar lekker stoepit.

Nodeloos om te sê was dit ‘n gesteelde tjek wat in my rekening betaal is en is ek my rekenaar kwyt. Ek het wel sy kar se registrasienommer vir die onbelangstellende polisieman gegee, maar dit was skrale troos. Die getransformeerde polisiemag is groter skelms as die kriminele sonder uniforms deesdae en niks het daarvan gekom nie. Ek twyfel of die polisieman aan wie ek dit gegee het, self kon lees of skryf.

Die dief het ‘n pay-as-you-go selfoonnommer gebruik om my te bel om die afspraak te maak. Dit ly geen twyfel nie dat sulke voorafbetaalde selfoonnommers ‘n geweldige groot rol speel in misdaad soos dié wat my getref het. Ek is daarom ‘n groot voorstander van die RICA wetgewing, dié wat mense gaan verplig om ‘n woonadres en ID-nommer te verskaf wanneer hulle ‘n voorafbetaalde selfoonkaart wil koop.

Heel voorspelbaar is die selfoonmaatskappye nie juis entoesiasties hieroor nie. Dit sal nie net moeitevol vir hulle wees nie, maar ook verhoed dat hulle voorafbetaalde lugtyd aan die kriminele kan verkoop. Daar is byvoorbeeld ‘n hele artikel op Moneyweb wat hoog en laag kla oor hoe onafdwingbaar die RICA-wetgewing glo sou wees.

Van die besware in bostaande artikel: baie mense het glo nie vaste woonadresse nie. Wie hou rekord van die ID-nommers? Ensovoorts, ensovoorts - lang en treurige stories.

My hart bloei vir die “arme” selfoonmaatskappye, hulle met die miljarde rande se winste wat hulle elke jaar maak. Hou op om die rugby te borg en belê in ordentlike stelsels om hierdie soort misbruike te monitor. Betaal ‘n paar miljoen en kry vir julle ‘n klomp skandeerders, faksmasjiene en ‘n “Document Management System.” Daar is baie van hulle daar buite beskikbaar. Kry ‘n paar werkloses van die straat af sodat hulle help om hierdie dokumentasie te verifieer.

My hart bloei ook vir die onwettige immigrante wat nie ‘n ID-boek of ‘n vaste woonadres het nie. Gaan terug na jou eie land en kry vir jou ‘n selfoon daar. Ek plak nie in Amerika nie en dring ook nie aan op ‘n Sprint of Verizon-rekening daar nie. Wat maak julle so spesiaal?

Vir diegene wat in ‘n plakkerskamp bly: gaan soek vir jou ‘n kommisaris van ede, en stuur ‘n gesertifiseerde brief van iemand wat jou ken soos jou pastoor asook ‘n afskrif van jou ID-boekie, daardie een waarmee jy vir jou child grants aansoek doen, na Vodacom, Cell C of MTN.

(Ek het wel ‘n klein vragie, onnosel soos ek is: as jy in 'n plakkershut woon, waar prop jy dan jou selfoon se laaier in? O, by die werk! Ek sien – kry dus jou werkgewer om te sertifiseer dat jy wel daar werk en dat hy jou ken. As jy nie 'n werk of 'n huis het nie, hoe op dees aarde het jy dan 'n selfoon in die hande gekry, en hoe gaan jy jou lugtyd kan koop?)

Alvorens Cell C, MTN of Vodacom nie die dokumentasie hierbo in hul besit het nie, werk jou voorafbetaalde kaart nie. Dis niks buitengewoon nie – ek moes destyds self ‘n paar dae wag dat hulle my selfoonkontrak goedkeur.

Dit help nie ons sit en kla oor misdaad maar diegene wat die mag het om iets daaraan te doen – die selfoonmaatskappye onder andere – weier om hulle kant te bring vir redes van eie gewin nie.

Saturday, July 11, 2009

Wat sou die uitslag van 'n tweede referendum wees?

Baie mense het in 1994 gehoop dat Suid-Afrika 'n spesiale geval, 'n uitsondering in Afrika, sou wees.

Ons almal weet hoe gaan dit in die res van Afrika. Zimbabwe, 'n tipiese piesangrepubliek met skrikwekkende agteruitgang, is slegs 500 km van Pretoria af. Daar is kwalik enige voorbeelde van 'n suksesvolle Afrikaland, een wat vooruitstrewend, vreedsaam en demokraties is, buiten Botswana. Botswana het egter slegs 'n miljoen of so inwoners en word bykans deur De Beers regeer. Baie mense het teen alle logika in, teen die waarskuwings van die sogenaamde regses in, gehoop dat dit nie die geval is nie, dat Suid-Afrika met 'n bietjie geluk die lot van ander Afrikalande sou vryspring.

Vandag word dit egter toenemend duidelik dat Suid-Afrika geen uitsondering was nie. Al rede hoekom Suid-Afrika nog nie Zimbabwe is nie, is agv die ware nalatenskap van apartheid: die heel beste infrastruktuur in Afrika. Suid-Afrika se ekonomie is ook ordes groter as Zimbabwe s'n. Dit gaan dus langer vat vir die grypende trogvarke om die ekonomie te plunder en om die infrastruktuur te vernietig. Plunder, gaan dit egter geplunder word. Dis reeds in proses. Die trogvarke van die ANC regime se ongebreidelde gierigheid ken geen einde nie.

Rapport, 'n koerant wat voorheen voor in die koor was met sy lofsangery aan die Nuwe! Verbeterde! Suid-Afrika, se voorbladberig gaan juis oor die endemiese korrupsie van die ANC-regime. Uit Rapport se hoofartikel: "Die geplunder, vermorsing, diefstal en wanadministrasie met staatsgeld deur korrupte staatsamptenare én politici waaroor Rapport vandag breedvoerig berig, laat die toornigheid en woede teen die kraag uitklim."

Kortom: Suid-Afrika is vinnig op pad na die uiteinde van 'n tipiese Afrikaland: 'n gefaalde staat. Selfs al het ons die beste infrastruktuur gehad, is ons ekonomie tog van 'n beperkte grootte, en is daar net soveel wat geplunder en vernietig kan word voordat die ganse kaartehuis ineentuimel.

In 1992 was daar 'n referendum wat die vraag gestel het of blankes hul toestemming gegee het dat die destydse regering met die ANC kon onderhandel. Goedkeuring om te onderhandel is uiteraard nie dieselfde as tevredenheid met die uitkoms van die onderhandelings nie. Daar sou 'n opvolgreferendum gewees het om die uitslag van die onderhandelings goed te keur.

Die tweede referendum het nooit plaasgevind nie. Ook maar net sowel vir die NP en ANC; teen 1994 was dit reeds duidelik dat ons uitgelewer sou word aan 'n groep korrupte terreursaaiers. Logieserwys volg dit dat blankes nooit die geleentheid gehad het om die resultaat van Kodesa goed te keur nie. Dit beteken selfs dat die huidige bestel onwettig is – g'n blanke het toegestem daartoe nie. Ek is een persoon wat nie die gesag van die ANC regime erken om oor my te regeer nie, alhoewel ek die landswette gehoorsaam.

Nou wonder ek by myself: as ons vandag wel 'n tweede referendum onder blankes sou hê, wat vra of ons bereid is om verder passasiers op die Titanic te wees, om verder deel te neem aan die falende Afrikastaat, wat sou die uitkoms wees? Sou ons instem tot regstellende aksie, amptelik-goedgekeurde korrupsie bekend as SEB, naamveranderings, wetteloosheid en korrupsie?

Ek wonder hoeveel blankes is vandag werklik gelukkig en tevrede met die vooruitsig op voortgesette burgerskap van Zimbabwe nommer 2? As daar reeds meer as 'n miljoen geëmigreer het, kan daar nie baie wees nie. Moet egter nie my woord daarvoor aanvaar nie. Gaan lees byvoorbeeld bloot die lesers se reaksies op die Rapport se berigte, of Engelse blanke lesers se reaksies op Moneyweb se politieke berigte, om te sien hoe wydverspreid en diepgaande blanke ontevredenheid met die status quo is.

Soustreinryery geensins uniek aan Afrika nie

Jacob Zuma het, voordat hy 'n amptelike pos beklee het, 'n konvooi beman deur bosbobbejane in blou uniforms gehad wat die belastingbetaler miljoene rande gekos het. Dit was uiteraard 'n sprekende voorbeeld van die grootskeepse korrupsie en magsmisbruik waaraan bykans alle Afrika-politici hulle skuldig maak.

Ek moet egter bieg dat korrupsie, die misbruik van mag en blatante soustreinryery geensins uniek aan Afrika is nie.  

Die persoon hieronder regeer na haar eie mening 'n land op 'n ander kontinent, maar beklee eweneens ook geen openbare pos nie. Sy het wel 'n groep personeel wat die oorgewig sousvliegtuigpassasier, Phumzile, met haar 20+ lyfwagte wat haar moet keer om nie by die McDonald's in te gaan nie, trots sou maak.

Heel onder is 'n lys van die persoon se 22 personeellede. Twee-en-twintig! Bid jou aan - tot 'n persoon wat $50,000 per jaar betaal word om skedules en reise te organiseer. Menige Afrika-diktator sou trots wees as sy vrou so 'n formidabele lys mense gehad het wat na haar omsien. Marie-Antoinette en koning Lodewyk se lewensstyl kom by mens op.

Miskien is beide die koninklike en Afrika-metafore nie so vergesog nie. Die lys hieronder is Michele Obama se personeel, die vrou van daardie ander derdewêreldland, Amerika, se halfbloedprins, prins Barack die Eerste.

Mens kan die koninklikes uit Afrika haal, maar nie Afrika uit die koninklikes nie, smaak dit my.

1. $172,2000—Sher, Susan (Chief of Staff)

2. $140,000—Frye, Jocelyn C. (Director of Policy and Projects)

3. $113,000—Rogers, Desiree G. (Special Assistant)

4. $102,000—Johnston, Camille Y. (Director of Communications)

5. Winter, Melissa E. (Deputy Chief of Staff)

6. $90,000—Medina, David S. (Deputy Chief of Staff)

7. $84,000—Lelyveld, Catherine M. (Director and Press Secretary)

8. $75,000—Starkey, Frances M. (Director of Scheduling and Advance)

9. $70,000—Sanders, Trooper (Deputy Director of Policy and Projects)

10. $65,000—Burnough, Erinn J. (Deputy Director and Deputy Social Secretary)

11. Reinstein, Joseph B. (Deputy Director and Deputy Social Secretary)

12. $62,000—Goodman, Jennifer R. (Deputy Director of Scheduling and Events Coordinator)

13. $60,000—Fitts, Alan O. (Deputy Director of Advance and Trip Director)

14. Lewis, Dana M. (Special Assistant and Personal Aide)

15. $52,500—Mustaphi, Semonti M. (Deputy Press Secretary)

16. $50,000—Jarvis, Kristen E. (Special Assistant for Scheduling and Traveling Aide)

17. $45,000—Lechtenberg, Tyler A. (Associate Director of Correspondence)

18. Tubman, Samantha (Deputy Associate Director,Social office)

19. $40,000—Boswell, Joseph J. (Executive Assistant to the Chief of Staff)

20. $36,000—Armbruster, Sally M. (Staff Assistant to the Social Secretary)

21. Bookey, Natalie (Staff Assistant)

22. Jackson, Deilia A. (Deputy Associate Director of Correspondence)

Monday, July 6, 2009

Waarom bestaan die SANW nog?

Die DA se skaduminister van verdediging maak geldige punte oor die wanfunksionele aard van Suid-Afrika se weermag. Wat eens die mees formidabele militêre masjien in Afrika was, is vandag 'n MIV-deurtrekte groep narre wat almal saam sou sukkel om 'n enkele kompanjie Amerikaanse soldate te verslaan, laat staan nog die Zimbabwiese weermag.

Ek hoef ook nie uit te wy oor die oorsake hiervan nie – transformasie, swak dissipline onder voormalige MK-lede ensovoorts.

Ek bevraagteken wel waarom die land in die eerste plek 'n weermag het. Is een van 'n weermag se belangrikste funksies nie juis om die land teen buitelandse invallers te beskerm nie? Die Franse het byvoorbeeld die Maginot-lyn gebou, 'n reeks vestings en loopgrawe naby die noordoostelike grens van Frankryk, om hulle grondgebied teen die Duitse invallers te beskerm. (Die bouers van dié lyn het egter nie voorsien hoe ingrypend Blitzkrieg-taktieke die reëls van die spel sou verander nie.)

Met bostaande in gedagte is Suid-Afrika se SANW se bestaan vir my raaiselagtig. Waarom het Suid-Afrika byvoorbeeld Gripen-vegvliegtuie of duikbote? Watter Afrikaland of ander vyand gaan Suid-Afrika vanuit die lug bedreig? Watter vyandige vaartuig gaan deur 'n duikboot afgeweer word – 'n vlot vol onwettige immigrante, moontlik?

Die probleem is egter veel groter en dieper as die afwesigheid van 'n huidige lugbedreiging. As Suid-Afrika se weermag ten doel het om die land se grondgebied teen invallers te beskerm, het hy die oorlog lankal reeds verloor. Een kwart van Zimbabwe se bevolking het die land reeds binnegeval, tesame met beduidende getalle Mosambiekers en invallers vanuit ander lande.

Daar is reeds 10-15 miljoen vreemdes wat die land se grondgebied binnegeval het, sonder dat die SANW 'n vinger verroer het om die invallers te stuit. Nie net het die SANW geensins die kapasiteit om hulle te stuit nie, maar die ANC-bewind het ook inderdaad duidelik gemaak dat Suid-Afrika se grense vir alle praktiese doeleindes nie meer bestaan nie. Visumvereistes vir Zimbabwiërs is afgeskaf. Geen realistiese pogings word aangewend om Zimbabwiërs, Mosambiekers of enige ander inwoners van die res van Afrika te repatrieer nie, buiten 'n paar honderd wat dan en wan per trein na Beitbrug vervoer word, net om dieselfde dag weer terug te keer.

Watter doel dien 'n weermag dus as die land se territoriale integriteit 'n grap is, as daar geen grense meer bestaan nie? Is dit bloot om 'n orkes te verskaf by die opening van die parlement? Wie of wat presies moet die weermag afweer? Wie gaan die Gripens bombardeer of watter vliegtuie gaan hulle afskiet, siende dat die invallers reeds die land binnegeval het, en die oorlog dus alreeds oorweldigend beslis is ten gunste van die invallers?

Kan dit wees om die land binnelands te beveilig, as't ware 'n soort laaste loopgraaf-oefening, waar die weermag die land se inwoners in klein deeltjies van die grondgebied probeer verdedig teen die invallers? Weer eens is die antwoord nee. 'n Laegraadse burgeroorlog soos vergstalt in plaasmoorde, veral in landelike gebiede waar die weermag hom die meeste tuis sou voel, woed onverpoosd voort.

Waarom bestaan die SANW nog enigsins, dus, buiten as 'n werkgewer vir die ANC bewind se kaders?

Monday, June 29, 2009

Onderhoud met Piet Helium

Joernalis: Meneer Helium, daar is diegene wat sê u ry bloot op die rug van die fondasie wat Jake White en veral Eddie Jones gebou het. Die Springbokke wen glo ten spyte van u nie as gevolg van u nie. Wat is u kommentaar?

Piet Helium: Wie sê so? Is dit daai White kêrel? Kyk na sy van. Hoe kan jy nie 'n rassis wil wees met so 'n van nie? Daar is niks wat iemand my van die dertienmanspel kan vertel nie.

Joernalis: Sover ek weet het rugby 15 spelers, maar hoe dit ook al sy. U word vir u spankeuses gekritiseer…

Piet Helium: Kyk, die All Blacks en Engeland speel miskien rugby vir ander redes, maar ons hier in Suid-Afrika speel rugby om aan ons Vreeslose Leiers te bewys hóé getransformeerd ons is. Ek sal kies wie ek wil al kry my spelers binne 10 minute 'n rooi kaart, verstaan jy vir my?

Joernalis: Nie net word u spankeuses gekritiseer nie, maar ook u kommunikasievaardighede. Mense sê u is skiet uit die heup uit op perskonferensies en is dikwels onsamehangend.

Piet Helium: Ek stem nie saam nie. Rugby word deur agterlike Dutchmen beheer en alhoewel ek soos Minnie Mouse klink, kom dit van 'n sportbesering toe 'n ou my linkerbal tussen sy tande vasgebyt het. Hoekom vra jy my anyway so 'n vraag? Is jy miskien 'n rassis? Hê? Jou moer man. Jy is seker 'n Dutchman. Rugby is nie vir sissies of Dutchmen nie.

Joernalis: U privaatlewe is ook omstrede. Daar was die voorval in 'n parkeerterrein.

Piet Helium: Daai wit tert wat gaan kla het omdat sy moes wag dat die Viagra moes begin werk, is 'n rassis. Ek het 'n Godgegewe talent, wat ook strek tot by die agtersitplekke van karre. Sy moes minder gekla het dat sy ander kliënte kon sien in die tussentyd en dankbaarder gewees het dat ek, die Groot Piet, haar gediens het. 

Joernalis: Hoe gaan u span lyk vir die derde toets? Gaan u eksperimenteer?

Piet Helium: Ja, ek gaan. As 'n lojale ANC-kader gaan ek goeie regstellende spankeuses toepas. Heinrich Brussow mag dink hy is 'n goeie balsteler, maar ek het 'n geheime wapen op nommer 6. Wat Heinrich nog moet leer van steel, het Jacob en Schabir, my flanke vir Saterdag, al vergeet. Daar is baie talent om van te kies vir die voorry. Nkosazana en Phumzile het die perfekte liggaamsbou vir stutte en hulle body odour sal die opposisie huiwerig maak om te skrum. My hele agterlyn gaan ANC-parlementslede wees, wat ons almal 'n ding of wat kan leer van weghardloop vir die Skerpioene.

Joernalis: Is dit nie 'n eenogige spankeuse nie? Wat van ander partye?

Piet Helium: As 'n spesiale toegewing aan ander partye, gaan Helen ons mediese beampte wees. Enige ou wat seerkry, gaan onmiddelik 'n hele reeks Botox-inspuitings in die deel wat seer is kry. Helen gaan ook sommer ons cheerleader wees want sy's gewoond daaraan om 'n hele span mans deur te draf.

Sunday, June 28, 2009

Gray Davis, Rapport en Eksdom

Tydens die jare 2000 en 2001 was daar 'n elektrisiteitskrisis in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Die detail van die krisis sou bekend voorgekom het aan Suid-Afrikaners wat tans onderhewig is aan die wanbestuur van 'n getransformeerde Eksdom, waar regstellende-aksie hoofbestuurders R30 miljoen jaarliks "verdien" het, maar die land gesukkel het met kragonderbrekings.

Ten spyte daarvan dat die Kaliforniese bevolking met 13% gegroei het tydens die jare negentig, is geen nuwe kragsentrales opgerig nie. 'n Rampspoedige program van deregulasie van grootmaatpryse vir elektrisiteit, gekoppel aan regulering van kleinhandelpryse en mislukte privatisering het gelei tot chaos. Die berugte beurtkrag so welbekend aan Suid-Afrikaners het die Kaliforniese verbruiker begin tref in die jaar 2000.

Die Enron-maatskappy, eweneens berug vir sy sonderlinge boekhoumetodes, en andere het die situasie tot hul eie voordeel uitgebuit en buitensporige winste gemaak dmv markmanipulasie. Die Demokratiese goewerneur, Gray Davis, het te laat wakkergeskrik en nes 'n getransformeerde Ekdsombaas misluk daarin om die krisis te bestuur. In 2003 is Davis deur die Kaliforniese kiesers herroep as goewerneur en deur Arnold Schwarzenegger, "The Governator", vervang.

Die Kaliforniese kieser het dus hul demokratiese mag by die stembus gebruik om hul misnoë teenoor die politici uit te druk. Davis het die prys vir sy onbeholpenheid betaal en is sy pos kwyt. Min mense sou met my verskil dat dit presies is hoe 'n demokrasie veronderstel is om te werk. Kiesers behoort die mag te hê om politici wat nie na hulle belange omsien nie, in die pad te steek.

Naspers asook Rapport was tot onlangs toe een van die groot lofsangers van die Nuwe Suid-Afrika. Bykans alles wat onder die vorige bedeling plaasgevind het, is as boos en onmenslik voorgehou deur 'n verskeidenheid skrywers in Naspers se publikasies. Vir 'n hele aantal jare was Ton Vosloo en sy bende liggewigte soos Jan-Jan Joubert voor in die koor van lofsangers vir die ANC bewind. Tans is Naspers byna volledig getransformeer, nes Eksdom, met die bruin Mafia wat tans die boonste echelons van Naspers se publikasies beheer.

Met die paleisrewolusie in Polokwane in Desember 2007, toe Mbeki deur die Zuma-faksie ontset is, het Rapport se lojaliteit verskuif na Helen Zille en haar DA. Die koerant het egter deurentyd sy steun vir die sogenaamde "demockracy" te kenne gegee, of dit nou as ondersteuners van die ANC of van die DA was.

Nóg 'n linkse liggewig, Lisa Albrecht, het onlangs die leisels van Rapport by Tim du Plessis oorgeneem, nádat laasgenoemde na Beeld verskuif is. Siende dat die redakteur dikwels die hoofberigte in die koerant hetsy skryf, hetsy goedkeur, is dit redelik om aan te neem dat me Albrecht ook vandag s'n geskryf of goedgekeur het.

Die titel van die genoemde rubriek is "Weerlose verbruiker." Dit handel oor die impak wat Eksdom se verregaande prysverhoging van 31.3% op die verbruiker gaan hê. Niemand sal daarmee stry nie, en almal weet ook wie die ergste getref gaan word daardeur. Wenk: dis beslis nie die wanbetalers in die townships of diegene wat krag steel in plakkerskampe nie. Dis die gewone verdagtes, die blanke melkkoeie in die voorstede.

En dan, in 'n verstommende bekentenis, maak die skrywer van die redaksionele stuk dit duidelik dat die Mzansiese "demockracy" eenvoudig nie werk nie. Gedagtig aan goewerneur Davis se herroeping in Kalifornië, haal ek die volgende sin uit Rapport se hoofartikel aan: "Die groot tragedie vir die verbruiker is dat hy self niks aan die situasie kan doen om verbruikerspryse in toom te hou nie."

Kontrasteer bostaande fatalisme met Gray Davis se ontsetting. Snaaks dat die Kaliforniese kieser wel iets aan die chaos in dié deelstaat se elektrisiteitsbedryf kon doen, maar daar het julle dit uit die perd se bek: Suid-Afrika se verbruikers is magteloos, aldus Rapport. Ons kan niks doen aan Eksdom nie.

Ek stem uiteraard saam met Rapport. Veral blanke kiesers is volledig onmagtig om langs die weg van die rassesensus bekend as Mzansi se verkiesings iets aan ons eie lot te kan doen. Die stemvee wat eendragtig vir die ANC stem, gaan aanhou om so te maak, maak nie saak hoe sleg dinge gaan nie.

Rapport is heeltemal reg dat Suid-Afrika se "demockracy" onwerkbaar en 'n mors van tyd is, al was dié bekentenis per abuis en waarskynlik onbedoeld implisiet in vandag se hoofberig. Die enigste vraag wat oorbly, is hoe lank dit vir Rapport sal neem om twee en twee bymekaar te tel, om te besef dat selfbeskikking vir blankes die enigste pad uit die moeras van die "demockracy" is.


Schabir ontvang behandeling by die eksklusiewe Ile Maurice-inrigting

Schabir Shaik, veroordeelde bedrieër en terminaal-sieke, ontvang glo behandeling vir sy terminale toestand by 'n mediese instansie by name Ile Maurice in Umhlanga Rocks.

Shaik het die meeste van sy tronkvonnis in die hospitaal deurgebring. Hy is op mediese parool vrygelaat nádat hy volgens die getransformeerde hospitaalpersoneel, wat kennelik sou sukkel om die verskil tussen griep en sifilis te kan eien, "op sy laaste bene was."

Die pasiënt Shaik se besoek aan Ile Maurice het saamgeval met sy vrou Zuleikha se verjaardag. Snaaks, terloops, dat Moslemvrouens toegelaat word om hul verjaardag te vier, siende hoe hulle tot onlangs toe in Moslemlande nie eens 'n motor mog bestuur het nie. Mag hulle hulle boerkas vir die dag afhaal, wonder mens, maar hoe dit ook al sy. Heelwat van Shaik se familie was ook teenwoordig by Shaik se behandeling.

Die behandeling by Ile Maurice bestaan uit medikasies soos seekos au gratin, Camembert Aux Amandes, Salade de Morue Surcouf en soortgelyke terapeutiese geregte. Heelwat van die behandelings het nie pryse nie maar eerder die letters SQ - ("silly question") wat beteken dat as jy moet vra hoeveel dit kos, jy dit duidelik nie kan bekostig nie. Shaik het sekerlik vir die behandeling betaal met geld wat hy op 'n besonder eerbare wyse verdien het. Julle weet, die gewone ding soos omkopery van amptenare, korrupsie en belastingbedrog.

Ek is seker ek en die res van die land se belastingbetalers is eenparig in ons wens dat Shaik se toestand binnekort vinnig sal versleg en dat ons spoedig kan uitsien na 'n uitspattige staatsbegrafnis vir 'n vooraanstaande voorbeeld vir die endemiese dog getransformeerde kriminaliteit so eie aan die Mzanziese piesangrepubliek. 

Saturday, June 27, 2009

Die taxibedryf se absurde eise

Ek het groot vertroue in die vrye mark, veral in teenstelling met staatsbeheer van die ekonomie. Die mark kan baie beter en vinniger besluit wat die waarde van 'n item is en hoeveel aanvraag daar daarvoor bestaan, as wat 'n burokraat in 'n stowwerige kantoortjie kan maak.

Die vrye mark is egter nie volmaak nie. Krisisse soos die subprimakrisis gebeur van tyd tot tyd, maar andersyds verkeer die kommunisitiese alternatief vir die vrye mark deurentyd in een groot krisis. Mense het konstant in die USSR tou gestaan vir brood omdat daar 'n kontinue krisis met vraag en aanbod bestaan het. Die burokrate kon eenvoudig nie so akkuraat soos die vrye mark voorspel wat die aanvraag vir brood of enige ander item sou wees nie. Hoe die linkses in Suid-Afrika beplan om met getransformeerde, breindood amptenare dieselfde te probeer doen, is 'n nagmerrie vir 'n ander dag.

Die subprimakrisis is voorts juis veroorsaak deur politici wat ingemeng het in die werking van die vrye mark, toe hulle agv die vloek van politiese korrektheid druk op instansies geplaas het om geld te leen aan diegene wat dit nie kon terugbetaal nie. Politiese korrektheid in die VSA onder die Clinton-administrasie stel dus deesdae jou werk in gevaar.

Naas die uitspattighede van die bankiers is Suid-Afrika se taxibedryf ook iets wat my maak twyfel oor ongebreidelde, laissez-faire kapitalisme. Die taxibedryf het ontstaan toe entrepreneurs 'n gaping in die mark gesien het, en oorleef vir jare al sonder enige subsidies. Dit vervul 'n groot behoefte. So far so good.

Die probleem is egter dat die negatiewe aspekte van die taxibedryf sy positiewes ver oortref. Suksesvolle mark-ekonomieë maak staat daarop dat die meeste van die deelnemers eerbaar en wetsgehoorsaam is. Skurke soos Bernard Madoff is die uitsondering eerder as die reël in sulke stelsels.

Daar is weliswaar voorbeelde van markgerigte kapitalisme wat eksklusief vir misdadige doeleindes bedryf word. Die Cali kartel wat kokaïene verkoop, is weliswaar geskep in reaksie op 'n aanvraag vir hulle produk, maar dit word deur misdadigers bedryf en gaan gepaard met geweld en moord. Kompetisie bestaan daaruit om jou opponent van die gras af te maak.

Suid-Afrika se taxibedryf het meer in gemeen met die Cali kartel se tipe kapitalisme as wat dit met ordelike, Westerse kapitalisme in gemeen het. Mededinging bestaan daaruit om jou opponente met AK-47's af te maai. Hulle betaal geen belasting nie. Die reëls van die pad geld nie vir taxibestuurders nie. Hulle sal ry waar hulle wil en hoe hulle wil. 'n Taxibestuurder het 'n blanke kind op haar bromponie in Garsfontein doodgery omdat sy hom durf verontrief het. Vreemd dat die Engelse pers nie ook in 'n orgie van verontwaardiging "rassisme" geskree het oor dié insident nie… Aan die ander kant was die kind 'n blote Afrikaner en die bestuurder kroonwild in die gefaalde reënboognasie met sy monochrome swart reënboog.

Nes Colombië se polisiemag is die oorgewig, getransformeerde amptenary wie se enorme agterstewes oor die sale van hulle motorfietse hang, doodbang om hierdie wetteloosheid vas te vat. Hulle is agv transformasie nie bevoeg om die probleem hok te slaan nie (of inderdaad om enige iets te doen buiten pasteie te vreet onder 'n brug of motoriste af te pers), en ook te korrup om dit werklik te wíl doen.

Die uiteinde hiervan is dat die taxibedryf in wese 'n georganiseerde groep misdadigers is, was soos Pablo Escobar-hulle in die praktyk bo die wet verhewe is. Omdat hulle de facto aan geen wet onderhewig is nie, het hulle skynbaar ook besluit dat hulle de jure die paaie kan regeer. Soos die Engelse sê: "they have become a law unto themselves."

Só arrogant is die taxibedryf dat hulle deesdae maak op intellektuele eiendom. In die verwronge en beperkte gedagtes van Sipho die taxi-baas, het hy en sy bende glo "die taxiroetes bedink" en "besit hulle die intellektuele eiendom."

Snaaks, maar sover ek weet die oorweldigende meerderheid van Suid-Afrika se padnetwerk is vóór 1994 gebou en gaan dit sedertdien agteruit. Ek is seker die ingenieurs wat die vervoerstudies gedoen het, was nie deel van die taxibedryf nie. Ek verbeel my ook diegene wat die geometriese ontwerp gedoen het ook nie. So ook nie die kontrakteurs wat dit gebou het se terreinagente en ingenieurs nie.

Nee, ek lieg. Ek verbeel my nie net nie, ek was een van die ingenieurs wat dit in die ou bedeling gedoen het.

Hoe dit ook al sy, net so min as wat jy met 'n Colombiaanse dwelmsmous kan of wil redeneer, kan jy egter met die taxibedryf redeneer. Gevolglik het die absurde idee by die bedryf posgevat dat die beplande "Bus Rapid Transit" (BRT) stelsel aan die taxibedryf "behoort." Dis so goed die Cali-kartel besluit dat die Amerikaanse hospitaalstelsel aan hulle behoort, want beide werk met dwelmmiddels, nie waar nie?

Die verskil tussen Suid-Afrika en die VSA is egter dat hulle nog 'n funksionerende polisiemag het asook die politieke wil om dwelmhandelaars vas te vat, al is dit 'n haas onbegonne taak. In Suid-Afrika is die polisiemag getransformeer en gevolglik moertoe, en die politici wat meestal self misdadigers is, het geen wil om hulle mede-kriminele vas te vat nie.

Moet dus nie verbaas wees as die taxibedryf se absurde eise tog suksesvol is nie.  Een van die dae word blanke skoolkinders nie deur 'n Hiace doodgery nie, maar sommer deur 'n bus wat deur die einste kriminele kartel bedryf word.

Friday, June 26, 2009

Die laagste gemene deler

Blou Makou, 'n skrywer op Litnet, het heel moontlik 'n punt beet met sy teorie rondom die laagste gemene deler, veral waar dit by die religie van transformasie kom.
 
Eerstens: ons het in ons vierdejaar as 'n klas 'n rampspoedige Hidroulika 401 semestertoets geskryf. Behalwe vir die geniale Anton Kleywegt, wat vir die grap mediese studente se toetse saam met hulle gaan skryf het en beter as bykans almal gedoen het, was die gemiddelde punt hier by die 30%. Professor Rooseboom het ons glimlaggend ingelig dat hy nie die vak makliker sou maak en sodoende sou daal na ons vlak toe nie, maar dat hy ons sou ophef na sy vlak toe. (Hy was nie heeltemal suksesvol met almal van ons nie...)
 
Dis moontlik dat daar diegene in die post-1994 euforie was wat regtig gedink het dit was moontlik om Suid-Afrika in die enigste suksesvolle Afrikaland onder swart beheer te verander, of dan ten minste om die vroeëre suksesse wat die land behaal het, voort te sit.
 
Vandag is daar seker nie baie van 1994 se optimisme oor nie. Alles, vanaf kopdinge (onderwys) regdeur die ander kant uit (riolering) is besig om in duie te stort juis agv transformasie. Daar word dus in 2009 nie meer getransformeer op 'n idealistiese wyse nie, maar eerder vir twee ander redes.
 
Die eerste is om te skep terwyl dit nog pap reën, terwyl die momentum deur die vorige bedeling nog sorg vir geleenthede om die ekonomie te plunder.
 
Die tweede rede is pure hatigheid of vernielsugtigheid, oftewel Blou Makou se LGD. Die Mpumalangase Onderwysdepartement se woordvoerder maak byvoorbeeld onlangs 'n absurde stelling wat daarop neerkom dat dit nie aanvaarbaar is dat die Hoërskool Ermelo 'n 100% matriekslaagsyfer het omdat hy moedertaalonderrig in Afrikaans verskaf nie.
 
Nee, die skool moet getransformeer word sodat hy eerstens nie meer Afrikaanstalige moedertaalonderrig verskaf nie, wat vermoedelik ook sal lei tot 'n slaagsyfer van minder as 100%. Siende dat transformasie nou nie die gewenste uitwerking gehad het nie, is die Mpumalangase Onderwysdepartement iets soos prof Rooseboom in trurat: hulle kon nie na die Hoërskool Ermelo se vlak styg nie, en dus wil hulle nou die skool se suksesvolle matriekleerlinge afruk na hulle lae vlak toe.
 

Thursday, June 25, 2009

Wie gaan Eksdom se 31.3% verhoging befonds?

Eksdom is pas 'n 31.3% verhoging toegeken. Dis uiteraard verregaande as jy 'n blanke belastingbetaler onder die vorige bedeling was, omdat jou belastinggeld reeds vir veelvuldige kragstasies betaal het. Daar is weliswaar diegene wat 'n las op die netwerk plaas agv hulle ongebreidelde voortplantingstempo, maar dis nie jou of my skuld dat Filemon nie sy penis in sy broek kan hou nie.
 
Die probleem met bostaande is dat groot verbruikers soos die myne en aluminiumsmelters nie geraak gaan word die nuutste verhoging nie. Ook nie buurlande nie; Eksdom verkoop steeds elektrisiteit aan die piesangrepublieke aangrensend aan Mzansi teen 'n appel en 'n ei.
 
So ook nie die sogenaamde armes, ook bekend as die townships se wanbetalers nie, hulle wat eenvoudig weier om vir dienste en erfbelasting te betaal nie.
 
Nee, Eksdom se teiken is grootliks die blanke melkkoeie in die voorstede. My vraag is die volgende: siende dat die getransformeerde wanbetalers en maatskappye nie regtig die impak van die verhoging gaan voel nie, gaan dit noodwendig van iewers af moet kom. Die voor-die-hand-liggende teiken is jy en ek; die blanke idiote in die voorstede wat wel agteroor buig om ons rekeninge te betaal.
 
Gegewe dat die verhoging 31.3% is, gaan ons nie meer as dit moet betaal nie, siende dat die Joodse industrialiste en Sipho in die townships juis nie 31.3% gaan betaal nie? Gaan ons dus nie noodwendig veel meer as 31.3% moet betaal nie? (Onthou: die verhoging is oorhoofs 31.3%, wat beteken diegene wie se verhoging minder as 31.3% is, insluitende Mosambiek en Rob Mugabe, se pro-rata verhoging moet van iewers af verhaal word.)

Miskien is ons blanke melkkoeie se verhoging eerder 50% - as jy vandeesmaand R500 vir elektrisiteit betaal het, is jou rekening stellig volgende maand R750.

Lekker vooruitsig, nie waar nie? Gombal en sy getransformeerde maatjie, die regstellende aksie-aanstelling by die munisipaal wat saam 'n breinsel met 'n leeggesuipte bierblik deel, steel mbv onwettige konneksies die krag, en jy, die onnosel melkkoei wat scheme Mzansi is 'n cool possie, betaal daarvoor, of bes moontlik befonds jou kragrekening Robert Mugabe en sy buddies...

'n (On)verbasende gebrek aan patriotisme

Hierdie skrywe van dr Pieter Mulder het opnuut die indruk van 'n gebrek aan enige nasie in Mzansi by my versterk.

Ene Kaaskop, in 'n brief aan Litnet, vra 'n baie pertinente vraag: as daar 'n militêre aanslag teen Mzansi sou wees, sou die meeste blankes toelaat dat hul seuns opgeroep word om Mzansi te verdedig? Ek sal beslis nie. Inteendeel; ek sal dit oorweeg om my dienste aan die invallers beskikbaar te stel, want dis toenemend duidelik dat die ANC bewind die Afrikaner se vyand is.

Pieter Mulder noem dat daar 10,000 Chinese vrywilligers was wat  sonder vergoeding by die Olimpiese Spele in Beijing gewerk het. By die Konfederasiebeker-wedstryd tussen Italië en die VSA anderdag, daarenteen, het die sekerheidspersoneel gestaak vir meer geld. In Mzansi is dit dus elke man vir himself en na die duiwel met die res.

Die staking was niks anders as 'n siniese uitbuiting van 'n internasionale geleentheid  nie. Vreedsame massa-optrede is toevallig ook iets wat ek dink Afrikaners volgende jaar met die Sokkerwêreldbeker moet doen om ons lot onder die wêreld se aandag te bring, maar ek is openlik onpatrioties teenoor die kunsmatige reënboognasie. Vergelyk daardie onpatriotiese houding met die ewe arm maar nietemin patriotiese Chinese s'n.

Mens sou so 'n gebrek aan patriotisme nog kon verstaan, komende van separatiste soos ek. Die stakers by die sokker is egter juis diegene teen wie daar nié in Mzansi gediskrimineer word nie, wat op die oog af wel welkome landsburgers is, anders as ek en my mede-Afrikaners. Die meeste stakers het voorts nie juis enige sterk nasionale identiteit (buiten moontlik aspirasies om Amerikaanse tipe gangsta rappas te wil word) of inderdaad 'n rede om te wil afstig nie. Hulle is dan in 1994 "bevry" – waarom afstig?

Verduidelik die volslae gebrek aan enige patriotisme egter Benni McCarthy se openlike weersin daarin om van sy Europese klub af weggeskeur te word? Is 'n gebrek aan patriotisme miskien juis die verklaring vir die Bafana-Bafana, asook baie ander Afrika-sokkerspanne se patetiese vertonings? Die leë stadia wanneer die Bafana speel kan dus eerder toegeskryf word aan 'n afwesigheid van nasionale samehorigheid, en nie net die Bafana se swak vertonings nie.

In daardie opsig stem ek saam met die linkses wat sê dat die ou koloniale grense van Afrika 'n kunsmatige onding is wat deur Europeërs op onwillige mense afgedwing is. Mense, kan ek byvoeg, wat nie noodwendig die Europese konsep van nasionale trots of samehorigheid kan of wil verstaan nie. Dis nie dat die Europese konsep van 'n nasie-staat beter of slegter is aan Afrika se model van 'n sterkman en stam-onderdane nie, dis bloot anders en waarskynlik ontoepaslik vir Afrika.

Gesien in die lig van die bostaande is dit eintlik relatief eenvoudig om te bepaal wie is Afrikaners, en vir Afrikaners om onsself te bevry. Om iets aan die res van die wanfunksionele kontinent se lot te doen, is egter 'n katnes.

Anton B.

Tuesday, June 23, 2009

Afrika se vreemde gebrek aan sokker-sukses

Toe ons kleintyd op my ouma se plaas naby Brandfort gekuier het, was daar
epiese sportwedstryde tussen ek en my nefies aan die een kant en die
plaasarbeiders se kindertjies aan die ander. Dit het gewoonlik met sokker
begin, maar dit was eensydige wedstryde. Die plaasarbeiders se kinders was
in 'n ander liga as ons. Ons het dan die bal opgetel en begin hardloop om
die spel in rugby te verander, sodat ons ook 'n kans kon hê.

Die Engelse skole in ons omgewing het weliswaar ook sokker gespeel, maar die
feit dat sokker meer gewild is onder swartmense as onder veral ons
Afrikaners, was iets wat niemand betwyfel het nie. Dis steeds so. Ek sit in
'n vergadering anderdag en die voorsitter vertel opgewonde hoe hy kaartjies
bekom het vir die Konfederasiebeker wedstryd tussen Italië en Brasilië. Die
enkele mhlungu's soos ek het kennelik nie heeltemal in sy entoesiasme gedeel
nie.

Sokker is loshande die mees gewilde sportsoort wêreldwyd. Dis ook so in
Afrika. Die groot meerderheid mense in Suid-Afrika sou eerder 'n Chiefs -
Pirates eindstryd wou gaan kyk as 'n Bulle-Haaie eindstryd.

Tog wonder ek waarom Afrika se spanne so swak presteer in die Wêreldbeker.
Nog net twee kontinente se spanne kon al ooit die Sokkerwêreldbeker wen:
Suid-Amerika en Europa s'n. Brasilië is loshande die mees suksesvolle land,
met vyf kampioenskappe agter sy naam. Die beste wat enige Afrikaland ooit
kon doen, was vir Kameroen om die kwarteindstryd te haal. Dis vir my vreemd,
gegewe hoe gewild sokker op hierdie kontinent is.

Kan dit 'n gebrek aan geld wees? Ek glo nie. Brasilië is heelwat armer as
lande soos Duitsland of Italië. G'n Brasiliaanse klub is in geldterme die
gelyke van Real Madrid wat onlangs sowat R100 miljoen vir 'n speler betaal
het nie.  Spelers soos die hamster "lookalike" Ronaldo word ook deur
Europese klubs afgerokkel, nes die geval is met Afrika se spelers. Wanneer
Ronaldo egter vir sy land uitdraf, pas hy sy Europese lesse daar toe.
Bafana-Bafana spelers soos Benni McCarthy, aan die ander kant, dink
verskonings uit om nie vir die nasionale span te speel nie. Argentinië, wat
destyds deur 'n geweldige ekonomiese krisis gegaan het, was in 1990 in die
eindstryd. Dit lyk dus nie of geld die enigste faktor in suksesvolle sokker
is nie.

Ook staan Afrikane se atletiese vermoëns bo verdenking. Sedert 1980 was daar
nie eens een blanke wat die 100m finaal in die Olimpiese Spele kon bereik
nie. Nie één nie - almal wat vir die afgelope 30 jaar die Olimpiese Spele se
100m kon wen, almal wat selfs in die finale was, was van 'n Afrika-herkoms.
Brasilië se bevolking het juis 'n beduidende persentasie Afrika-voorsate.
Afrika het sowat tien keer die bevolking van Brasilië, wat beteken dat die
poel van talent veel groter is as oorkant die Atlantiese oseaan.

Ten spyte hiervan is Mzansi se plaaslike sokkerspan 'n totale verleentheid,
gegewe dat Suid-Afrika die rykste land op die kontinent is. Afrika se ander
spanne sal voorspelbaar weer eens nie 'n faktor wees in 2010 nie.

Sunday, June 21, 2009

Koos Kombuis het sy oorblywende varkies finaal verloor

Koos Kombuis, in een van die grootste non-sequiturs wat ek tog nog toe gelees het, blameer die dood aan verkluiming van 'n Stalinbosse student op die taalstryders. Sowat van 'n volslae afwesigheid aan logika het ek nog min in 'n koerant gelees, selfs in die Rapport. G'n mens weet wat hetsy Kombuis, hetsy die redaksie van Rapport gerook of gesluk het om so 'n volslae pot stront te wou publiseer nie nie.

Die feite is as volg: mnr Mufunwa Munyangane, 'n finalejaar B. Comm-student, is oorlede in Stalinbos se Medi-Clinic, vermoedelik aan verkluiming.

Nou goed. Mnr Munyangane is 'n finalejaarstudent.

Hy is dus al minstens 2-3 jaar op universiteit, nie waar nie? Hy het dus al verskeie jare gehad om die dorp Stalinbos te leer ken, dan nie? Hoe is dit dat hy nie in sy eerste paar jaar verdwaal het nie, maar nou skielik?

Sonder om die volle feitestel tot my beskikking te hê, en as voormalige student wat self goed verstaan waarom studente eintlik op universiteit is nie, sou ek nie verbaas wees as mnr Munyangane omgekom het agv te veel etanol in sy bloedstroom en gevolglike blootstelling aan die elemente nie.

Kombuis blameer egter die taalstryders omdat die oorledene glo verdwaal het. Net Koos en diegene soos Timothy Leary sal verstaan hoe op dees aarde hy so 'n gevolgtrekking kon maak. Weer eens, die oorledene is 'n finalejaar. Hoe de moer het die taalstryd nou so 'n impak op hom kon maak dat hy die pad byster geraak het en verkluim het, maar nie 2 jaar gelede nie, weet slegs Kombuis en andere wie se acid trips skeefgeloop het.

Kombuis het, soos die Engelse sê, "finally lost the plot."

Tuesday, June 16, 2009

Die 16de Junie moet eerder 'n dag van rou wees

Kyk, apartheid en die sogenaamde nalatenskap van kolonialisme (julle weet – die geskrewe woord, menseregte, antibiotika, wet en orde, die wiel, demokrasie en al daai diverse euwels wat die wrede witman op die naturelle afgedwing het) word deesdae vir baie dinge blameer.

Kry die kat kleintjies? Apartheid. Skoolkind swanger met sewe vyftigjarige mans as kandidate vir vaderskap en die skoolkind onseker wie's die pa? Kolonialisme se skuld.

Een ding wat daai hedendaagse muishonde, die ou, blankie omies in hulle Homburg-hoedens, wel reg gedoen het in die ou bedeling was om te verstaan dat die jeug se opvoeding en opleiding hulle volk se héél belangrikste belegging vir die toekoms was. Dit was hulle eerste prioriteit, selfs in die aangesig van die Totale Aanslag.

As 'n jong laaitie van 16 was die jongeheer Anton B reeds geregistreer as 'n dienspligtige, deur ou Kierietjies, die wiskunde-onderwyser. Gelukkig het oom BJ Vorster en later oom PW verstaan dat rekruut 80422074BT 'n groter rol kon speel in die toekoms mét 'n matriek en 'n universiteitsgraad agter die blad as daarsonder. Hulle kon hom weliswaar gedwing het om direk ná matriek weermag toe te gaan, maar hulle was Goddank geduldig.

Dit word toekomsvisie genoem, iets wat nie juis 'n gewilde denkrigting in Afrika is nie. In Afrika leef ons vir die hede. Afrika se styl is kitsgratifikasie en basta met die toekoms. Het diegene wat reken dat omgewingsfaktore soos volop kos heeljaar teenoor duidelik-afgebakende seisoene en die gevolglike noodsaaklikheid vir beplanning wel 'n rol in die ewolusie van intelligensie gespeel het, tog 'n punt beet?

Die aanstigters van die 1976-onluste in Soweto se slagspreuk was: "Liberation before education". Dis 'n slagspreuk wat vandag nog by bykans alle swart skoolleerlinge spook. Een generasie, die klas van '76 se gekheid, belemmer swartes se vooruitsigte vandag nog, dertig plus jaar later.

As jou ma en pa nie deel was van die generasie wat nie verstaan dat dit belangrik is dat jy Cartesiese koördinate kan kleinkry in graad 10 nie, gaan hulle jou nie kan help as jy sukkel met y=mx+c wanneer jy 15 is nie. Jy gaan gevolglik kwotas en regstellende aksie benodig eendag wanneer jy as swarte met 'n blanke CA, dokter of ingenieur wil meeding, want laasgenoemde verstaan wel waarom Descartes so 'n belangrike outjie was, anders as jy.

Die vonk in Soweto se 1976-kruitvat was die aanleer van 'n Wes-Germaanse taal, Afrikaans, een met 'n liggaam van gevorderde letterkunde en musiek, asook 'n tradisie van akademiese gebruik, maar helaas opgesaal met die baggasie van apartheid. Afrikaans is egter nie vervang met iets van soortgelyke waarde nie. Die plaasvervanger was eerder klipgooiery, brandstigting en anargie.

Sestien Junie moet myns insiens dus 'n dag van rou en introspeksie in die swart gemeenskap wees, want die skade wat dit daardie gemeenskap aangedoen het, sal nie in my leeftyd herstel kan word nie.

free counters Afrigator